Baie geluk aan Milan Eygenberger in Graad 1 wat Jannie van die week is! Dankie dat jy so fluks herwin. Geniet die Col’Cacchios uitstappie met jou R100 geskenkbewys.

Onthou om jou stampvol eco-brick Woensdagoggend voordat die skoolklok lui, na die depot te bring. Ons hoop elke Jannie bring ten minste een! Die wenklas sal deur die loop van die dag aangekondig word. Hulle kan Woensdag 2 Mei, almal sivvies dra en sal ook Woensdag ‘n prys ontvang!!