Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 20 April 2018 Wêreld Boekedag

Vrydag, 20 April 2018 Boekkaraktersivvies

Vrydag, 20 April 2018 Gr.7: Studiemetodes

Vrydag, 20 April 2018 Netbaltoernooi (Saffier)

Vrydag, 20 April 2018 Redenaars (Laerskool de Kuilen)

Saterdag, 21 April 2018 Annet (arbeidsterapeut) verjaar

Saterdag, 21 April 2018 Seniorkoor-oefening

Dinsdag, 24 April 2018 Marlene (juffrou) verjaar

Woensdag, 25 April 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 25 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6DJ

Donderdag, 26 April 2018 Nicolene (musiek) verjaar

Donderdag, 26 April 2018 Sivvies

Vrydag, 27 April 2018 VAKANSIEDAG

Maandag, 30 April 2018 VAKANSIEDAG

Dinsdag, 1 Mei 2018 VAKANSIEDAG

Vrydag, 4 Mei 2018 Gr.5: Studiemetodes

Vrydag, 4 Mei 2018 Skaak @ Camps Bay Prim

Saterdag, 5 Mei 2018 Helecia (musiek) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Vicky (juffrou) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Netballiga Milnerton

Woensdag, 9 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6L

Vrydag, 11 Mei 2018 Gr.4: Studiemetodes

Vrydag, 11 Mei 2018 Skaak 2 Highlands

Saterdag, 12 Mei 2018 Sporttoernooi (Fanie Theron)

Dinsdag, 15 Mei 2018 Eisteddfod solosang

Woensdag, 16 Mei 2018 Netballiga Tableview

Woensdag, 16 Mei 2018 Eisteddfod solosang

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vierkant en ingang by tennisbane

Ek dink almal sal met my saamstem dat die kunsgras by die agterste trappe en die verbeteringe aan die swembad se kant van die vierkant, ‘n groot verbetering is en behalwe dat dit pragtig lyk is dit wonderlik om te sien hoe die kiders dit benut en geniet!

‘n Groot dankie aan die terreinkomitee en almal wat ‘n bydrae gemaak het… En dit klink my dat hulle reeds besig is met beplanning om die agterste speelterrein op te gradeer!

Indien daar van u is wat ‘n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, sal ons dit baie waardeer. Kontak gerus vir Lucia de Jager by die skool (lucia@jvrprim.co.za) of vir Cari Mouton by carimouton@gmail.com

ALGEMEEN

Dit is weer veilingtyd!

Sedert verlede jaar word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is juis daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie.

Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak:

• Die skool se gange is oorgeteël en maak sommer ‘n groot verskil aan die skool se voorkoms;

• ‘n Nuwe 35-sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, se deposito is betaal (die balans is deur die trust gefinansier) om sodoende veilige en voldoende vervoer vir ons Weskus-kinders te bied en ook te voorsien vir die veilige vervoer van ons kinders na buitemuurse aktiwiteite;

• Twee beurse is toegeken onder ‘n diversiteitsprogram vir leerders in die Laerskool;

• Die verwante onkostes vir die watergeleiding vanaf die boorgate wat by die Laerskool en Huppelland se velde gesink is, word gedek

Vir meer inligting oor die trust, gaan lees gerus meer:
https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/jvr-opvoedingstrust/

Aangesien dit ‘n fondsinsamelingsfunskies is, is daar hierdie jaar ‘n R1000 per persoon skenking aan die trust by die kaartjieprys ingesluit, wat jou outomaties in aanmerking bring vir die opwindende en uitgebreide lootjietrekking vol pryse. Die veilingslys gaan derhalwe hierdie jaar baie korter wees en so genoeg tyd laat vir lekker kuier en dans. Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien! Vir kaartjie aankope of navrae, kontak asseblief esnaboshoff@gmail.com of

coreen.scholtz@gmail.com.
BANKBESONDERHEDE:
Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust
Bank: Investec
Rekening nr: 10011436695
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Veiling/Naam en Van
Bewys van betaling moet asb gestuur word:
esnaboshoff@vodamail.co.za of coreen.scholtz@gmail.com

Baie geluk aan Daniel Kukard in graad 3 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so fluks herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Eco-Bricks

Volgende Woensdag 25 April, moet alle eco-bricks skool toe gebring word.

Daar sal vir elke klas ‘n geallokeerde area langs die depot wees.

Pak julle bakstene netjies langs mekaar in klasverband, sodat ons maklik kan sien watter klas die wenner is.

Die wenklas kan Woensdag 2 Mei, sivvies dra en sal ook elk ‘n prys ontvang.

Vir meer inligting oor eco-briks, lees gerus die akwarium se webblad inset hieroor:

https://www.aquarium.co.za/blog/entry/how-to-make-ecobricks-reducing-waste-at-home

AKADEMIE

Ons is baie trots om aan te kondig dat ons skool aan die einde van kwartaal 1 ‘n toekenning van die WKOD vir Uitnemendheid in Akademiese prestasie in Taal vir grade 3 en 6 ontvang het. Hierdie prestasie is behaal na aanleiding van die 2017 sistemiese uitslae. Ons poog om hierdie jaar nog beter te presteer.

Die eerste rondte van die SAMF-wiskundekompetisie sal op 8 Mei, in die klas, geskryf word. Alle leerders vanaf gr.4-7 sal die vraestel skryf. Alle leerders is reeds registreer.
Indien julle wil voorberei vir die kompetisie kan julle na die onderstaande webtuiste gaan. Hier kan julle ou vraestelle en memorandums aflaai.
Indien jy sukkel om die vraestelle af te laai, stuur ‘n e-pos na leon@jvrprim.co.za en ek sal vir jou kind vraestelle uitdruk.

Groete, Mnr. Hanekom

Verlede kwartaal het ‘n 20 van ons gr.5-7 leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die Horizon Math Competion. Die kompetisie word slegs in Engels aangebied en is soortgelyk aan Amesa. Dit behels insig vrae en die leerders moet baie mooi dink om die probleme op te los.

Veertien van ons leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die tweede rondte. Die volgende rondte vind die 12de Mei plaas by Star College, Bridgetown. Ons wil vir die leerders baie sterkte toewens met die voorbereiding. Die leerders, in geen spesifieke volgorde, is:

Stella Malan, Armand Meyer, Alexander Newton, Daniël Loots, Anna van Biljon, Dawid Adler, Peet Karsten, Benjamin Pienaar, Stef Mostert, Ethan Brits, Henry Malan, Gerard Snijders, Chris Scott, Christiaan Stimie.

mor

Wenners: Daniel Kukard (Gr. 3dG)

Definisie: Onderlangs brom of mompel om jou ontevredenheid te kenne te gee

Sin: Hy het by die huis gesit en mor oor my swak punte in die toets.

---

KULTUUR

Seniorkoor:

Die Seniorkoor oefen hierdie Saterdag van 9:00 – 13:00 by die skool.

Gebruik voorste ingang.

Leerders bring eie verversings.

Geen leerder sal by die hek uitgelaat word om eetgoed te gaan koop nie.

Kom haal kinders asb stiptelik om 13:00 af.

Jannies Talent:

Dis SULKE tyd! Uiteindelik !

Jannies Talent vind die laaste week van die kwartaal plaas. Hier kan leerders met hulle buitengewone talente kom spog. Inskrywingsvorms is by juf. Groenewald.

Koste is R100 per leerder en R150 per groep.

Daar sal SLEGS 20 deelemers gekeur word.

Ons sien uit na n lekker gesinsaand met baie opkomende jong talent.

Die televisieopname vir Kyknet op Saterdag 9 Junie, is verskuif na 11:00 die oggend by Curro Sitari in Somerset Wes.

Dit sou om 17:30 wees, maar ons wou nie dat kinders en ouers in die aand op die N2 terugry nie.

Alle koorlede moet asb daar wees. Ons maak staat op ELKE stem.

Tref asb. vroegtydig vervoer-reëlings. Hopelik sal ouers kan help om kinders aan te ry.

Dis n baie spesiale geleentheid. Kyk gerus Sondagmiddae na Kyknet se Sing in Harmonie om te sien hoe die program verloop.

Binnekort sal JvR se Seniorkoor op die kassie verskyn!!

SPORT

Die vorige Sportprogram het effens verander wat eindtye aan betref. hier is die nuutste weergawe:

SPORT-EN BUITEMUURSEPROGRAM

Elf van ons dogters, 0/11-0/13, het Woensdag aan die eerste rondte van die WP-netbalproewe deelgeneem. Ongelukkig het die weer die laaste sê gehad en die leerders gaan weer vandag, 19 April, om die eerste rondte te voltooi. Die leerders is:

Keira Brand, Jacomien van der Westhuizen, Leila Lonte, Neena Lonte, Klara von Lieres, Jana Brink, Scarlett van der Merwe, Sarah Davids, Onela Roxo, Stella Malan.

Ons wens vir al die leerders baie sterkte toe.

Die tweekampseisoen het einde Maart geeïndig. Dit was ‘n uiters suksesvolle seisoen en ons atlete het uitstekend presteer. Jan van Riebeeck het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer 10 atlete te hê wat gekwalifiseer het om aan die Interprovinsiale-byeenkoms deel te neem. Ons het ook vir die eerste in die top 3 skole geeïndig en gekwalifiseer om as skool te kon deelneem aan die Interprovinsiale-byeenkoms. Hier het ons altelete uitstekend presteer en Jan van Riebeeck het algeheel 3de in die kompetisie geeïndig. Ons het skole soos Durbanville, Paarl Gimnasium en Curro ore aangesit. Sophia Liebenberg is ook gekies in die WP-span wat aan die SA’s deelgeneem het. ‘n Uitstekende prestasie en sy het baie goed gevaar.

Kom ons kyk hoe het ons atlete se tye tydens die seisoen verbeter het :

Van ons atlete het hul hardlooptye verbeter met meer as 20 sekondes en dieselfde vir die swem.

Dit was ‘n uitstekende seisoen. Die nuwe seisoen begin einde Augustus. Indien jy meer wil weet oor tweekamp, kan jy vir mnr. Hanekom e-pos by: leon@jvrprim.co.za.

‘n Spesiale woord van dank gaan aan elke ouer wat tydens die jaar ondersteun het en ‘n bydrae gelewer het.

Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir al die naweke wat hy opgeoffer het en die uitstekende afrigting.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Things turn out best for the people who make the best of the way things turn out.

John Wooden

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209