Laerskool Jan van Riebeeck Nuus
|
|
Liewe Ouers,
Datums
Vrydag, 7 Junie 2019 JvR E-Games aand
Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.1 Akwarium uitstappie
Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.7 eksamen eindig
Saterdag, 8 Junie 2019 Rugby: Toernooi 10’s Rugbydag O/11 (Table View Primary School, Fairway Rd, Table View)
Maandag, 10 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- & Netbaltoer na Suid-Kaap
Maandag, 10 Junie 2019 Beheerraadvergadering
Maandag, 10 Junie 2019 CBHS Students raise awareness for big cats
Dinsdag, 11 Junie 2019 Musiekkonsert: Gr.4&5 08:15
Woensdag, 12 Junie 2019 Storieskip 11:30
Donderdag, 13 Junie 2019 Gratis sivvies
Donderdag, 13 Junie 2019 Markdag 09:00 – 09:45 (Gr.1-3) 11:45 – 12:30 (Gr.4-7)
Donderdag, 13 Junie 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7
Donderdag, 13 Junie 2019 Gratis sivvies
Vrydag, 14 Junie 2019 Matthews Kamanga (Terrein) verjaar
Vrydag, 14 Junie 2019 Skool sluit om 10:30
Vrydag, 14 Junie 2019 Gratis sivvies
Vrydag, 14 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- & Netbaltoer keer terug
Sondag, 16 Junie 2019 Jeugdag
Maandag, 17 Junie 2019 Openbare vakansiedag
Donderdag, 20 Junie 2019 Magriet van Zyl (Juffrou) verjaar
Vrydag, 21 Junie 2019 Lucinda Crous (Juffrou) verjaar
Saterdag, 22 Junie 2019 Melissa Smook (Assistent) verjaar
|
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Sporttoer
Ons glo dat almal wat die sporttoer na die Suid-Kaap gaan meemaak, dit baie gaan geniet en dat almal volgende Vrydag veilig en gesond sal terugkeer. Baie dankie ook aan die vyf onderwysers wat hulle sal vergesel en baie dankie aan die ouers wat ekstra bydraes gemaak het en ook groot dankie aan hulle wat van die klere en sakke geborg het. Ons hoop dat die netbal- en rugbyspan beter sal vaar as wat ons Protea krieketspan tans in Engeland vaar!
Laaste week van die kwartaal: 10 tot 14 Junie
Die skool sluit vanaf Maandag 10 Junie tot Woensdag 12 Junie om 13:00 vir Gr.1-3 en om 13:15 vir Gr.4 -7.
Op Donderdag 13 Junie sal die skool om 12:45 sluit vir Gr.1-3 en om 13:00 vir Gr.4-7.
Op Vrydag 14 Junie sal die skool om 10:30 sluit vir alle leerders.
|
Dis weer tyd om afsprake by Adri vir die ouerbesoeke/portefeuljedag-geleentheid te maak. Donderdag, 11 Julie 2019, om 15:00 – 19:00. Daar sal 15 min. afspraakgleuwe soos in kwartaal 1 beskikbaar wees.
|
A.g.v. die weer, sal Markdag volgende week Donderdag in die saal plaasvind. Alle leerders wat verkoop en ‘n tafel wil bespreek, moet R10 KONTANT by sy/haar klasonderwyser voor Donderdag, 13 Junie, inbetaal.
09:00 – 09:45 SLEGS vir Gr.1-3, koop en verkoop
11:45 – 12:30 Markdag vir Gr.4-7, koop en verkoop (Gr.1-3 kan ook hierby aansluit)
|
Die tafels vir die ‘Bring-&-Raai’ quiz aand is amper voltallig.
Indien jy belangstel om ‘n span in te skryf, moet jy vinnig spring.
Daar is nog net 2 tafels beskikbaar. Kontak Karien Zulch by 083 445 0980 vir verdere inligting.
|
Sien die WEBTUISTE om ‘n aansoekvorm af te laai. Aansoekvorms is ook by Nasorg en Ontvangs beskikbaar.
|
Alle ouers en belangstellendes word uitgenooi na die musiekkonsert op Dinsdagoggend, 11 Junie om 08:15 in die saal. Musiekleerders van Gr.4 en 5 sal deelneem.
|
Saterdagaand het 9 van ons leerders die Horizon prysuitdeling by die Artscape bygewoon. Dit was ‘n gala funksie waar die top 170 leerders uitgenooi is. Die aantal leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het was 15 493 van 90 verskillende skole in die Wes-Kaap. Ons leerders het almal in die top 1% van die kompetisie geeïndig. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en iets waarop ons uiters trots kan wees.
Hier volg die volledige uitslae:
119 – Alex Newton, graad 7
116 – Alet Hitge, graad 7
83 – Layla Erasmus, graad 7
80 – Anna van Biljon, graad 7
71 – Bernard Lombaard, graad 7
56 – Thornley Webber, graad 7
48 – Dawid Adler, graad 7 (Bronsmedalje)
21 – Jan Karsten, graad 5 (Bronsmedalje)
3 – Peet Karsten, graad 7 (Silwer medalje en wen ‘n Samsung A20 selfoon)
Die name was vanaf 170 afgelees tot die eerste plek. Dit het veroorsaak dat die spanning baie hoog geloop het. Ons het weereens bewys dat ons leerders met enige ander skool kan kompeteer. Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders gehelp het met die voorbereiding asook die aand bygewoon het.
|
Baie geluk aan Mieke Hertzog wat ‘n tweede plek in die Wes-Kaap behaal het en dus aan die nasionale ronde van die ATKV redenaars gaan deelneem. Ons hou vir haar styf duim vas! Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie.
Nog twee leerders wat baie goed gevaar het:
Liezel Snijders – vierde plek in die Wes-Kaap
Armand Meyer – agste plek in die Wes-Kaap
Weereens baie geluk en dankie vir almal se harde werk!
|
Ons landloop altete het Vrydag, 31 Mei, by Groenpunt Krieketklub aan hul laaste wedloop vir die kwartaal deelgneem. Ons atlete toon deurlopend vordering.
O/7: *Nils le Roux – 1ste (fantasties!!), Samuel Groenewald – 14de, Nicolas Marais – 25ste, Ruben de Ridder – 29ste
O/8: *Jana Olivier – 2de (uitstekend), Lili Ann Blomerus – 20ste, Delmar Benecke – 14de
O/9: Samuel Wolff – 38ste
O/10: Lea de Ridder – 45ste
O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend)
|
Cymie was vir baie jare ons skool se vakhoof in Engels en haar man, Ebert, was in beheer van ons snoepie. Albei is vroeër vanjaar oorlede.
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
“If you only read the books that everyone else is reading, you can only think what everyone else is thinking.”
– Haruki Murakami
Vriendelike groete
J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF
|
|
|
–
Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209
|
|