Donderdag 19 April ,was die eerste rondte proewe vir die 0/11-0/13 netbalspelers. Nadat dit Woensdag uitgereën het,het almal die geleentheid gehad om hul bes te wys. Ons spelers het besonder goed gedoen . Daar is 4 spelers wat deur is na die volgende rondte:
Sarah Davids, Leila- en Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen. Baie geluk aan elke speler wat deur is na die tweede rondte. Die tweede rondte is op 25 April by Curro Durbanville. Ons hou vir elkeen duimvas.