Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph’s Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook ‘n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op jou!