Kategorie: Sport
Stella en Neels het JvR baie mooi verteenwoordig by die Synergy Cup (WP / Boland / Noord-Kaap) vir die Cape Town WP A-span.
Die top 4 van die A-span se seuns en dogters van die WP-span het nie gespeel nie, so ons klomp het harde kompetisie gehad teen Boland. Die A-span het 2de geëindig en silwer gekry. Dit was regtig warm en lang dae, so ek is ongelooflik trots op die 2 wat na die Graad 7-kamp met so baie gees opgedaag het en so ‘n voorbeeld op die tennisbaan was. Julle kan baie trots wees!
Jeanne en Amelie het vir die B-span gespeel by ‘n ander klub.
Ons is baie trots op julle!

Op Saterdag, 22 Februarie, het 18 van ons leerders aan die Zone-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer en die volgende uitslae behaal:
-
Louis Hofmeyer het eerste plek behaal in die seuns o.10 verspring.
-
Matteo Pereira het eerste plek behaal in die seuns o.10 hoogspring.
-
Leah Jacobsz het eerste plek behaal in die dogters o.11 1200m.
-
Carter Schoeman het eerste plek in die seuns o.13 gewigstoot en tweede plek in diskus behaal.
-
Anabella Boshoff het tweede plek behaal in die dogters o.12 spiesgooi.
-
Jack Dawes het tweede plek behaal in die seuns o.13 spiesgooi.
-
Stef Nel het derde plek behaal in die seuns o.11 verspring.
-
Nils le Roux het vierde plek behaal in die seuns o.13 200m hekkies.
-
Ynes Samba Kabassidi het vierde plek behaal in die dogters o.13 1500m en 200m hekkies.
Hierdie atlete het gekwalifiseer vir die WP-proewe wat op 27 Februarie by Groenpunt plaasgevind het. Dit was ‘n dag vol puik prestasies, en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Hoewel daar vierde, vyfde en sesde plekke behaal is, het ons atlete ongelukkig net-net die top 3 gemis om hul WP-klere te verower.
Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen alles gegee het en waardevolle ondervinding in die proses opgedoen het. Ons is uiters trots op elkeen van julle!
Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons aan die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag waar meer as 450 atlete van 10 skole deelgeneem het.
Ons het die dag baie goed begin deur 5 van die 8 langafstand-wedlope te wen. Daarna het ons atlete baie mooi presteer op die baan en veld.
Ons kondig nie ‘n wen-skool aan die einde van die dag nie, maar as ons na die punte kyk na afloop van die dag, sou Jan van Riebeeck met die loure weggestap het.
Baie geluk aan Leah Jacobsz wat die beker verower het vir die beste dogter-atleet op die dag.
Baie dankie aan al ons onderwysers wat op die dag diens gedoen het om te verseker dat dit ‘n uiters suksesvolle dag was.
Sien volledige uitslae hier:
Final Results - Interschools Athletics 202523 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die Zone-kampioenskappe deel te neem. Dit vind Saterdag, 22 Februarie by Vygieskraal plaas. Ons hou vir al die atlete duim vas en weet almal sal hulle beste gee.
Dinsdag, 18 Februarie, neem 62 van ons atlete deel aan die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Dit vind plaas by die sportvelde van Hoërskool Jan van Riebeeck. Alle atlete moet die skool se atletiekdrag dra: die oranje JvR-hemp met sportbroek/-romp. Alle atlete moet om 07:45 op die pawiljoen aanmeld by meneer Rashard. Die dag begin stiptelik om 08:30 en sal ongeveer om 14:30 klaar wees. Atlete wat moet teruggaan skool toe, sal na afloop van die byeenkoms terug skool toe gebring word.
Sien die volledige program hier onder:
Interskole - PROGRAMBelangrike Datums
augustus 2026
september 2026
05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
Besonderhede
Venue en tyd nog nie bevestig
Besonderhede
12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House
Besonderhede
Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House. Venue: Somerset House Prep School. 09h00 – 14
Besonderhede
Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House. Venue: Somerset House Prep School. 09h00 – 14
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
















