Skrywer: Naas Beets

Geagte Ouers / Voogde – 23 Januarie 2026

Ek is so opgewonde om die jaar saam met die leerders, julle en die personeel af te skop. Ek kan bevestig dat alle skoolaktiwiteite met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang is en alles verloop klopdisselboom. Op Vrydag, 16 Januarie, het die senior swemgala (Gr. 4–7) plaasgevind. Die weer het nie heeltemal saamgespeel nie, maar tog het die swemmers dit terdeë geniet terwyl hulle luidkeels deur die leerders, ouers, oumas en oupas, asook die personeel aangemoedig is. Baie geluk aan die volgende swemmers wat as die junior- en senior swemmers vir die jaar na afloop van die gala aangewys is: Junior dogter (Gr. 4 & 5): Anouk Jacobsz Junior seun (Gr. 4 & 5): Lukas Loubser Senior dogter (Gr. 6 & 7): Ellen van Heerden Senior seun (Gr. 6 & 7): Daniel van der Bergh Verder het die buitemuurse program amptelik op Maandag, 19 Januarie, volstoom afgeskop. Dit sluit ook musieklesse en kooroefeninge in. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport en/of kultuuraktiwiteite deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 20 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies amptelik ontvang het: Anabella Boshoff Dane Botha Chris Derksen Jacques du Toit Jamie Jordaan Bella Naylor Jana Nel...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 16 Januarie 2026

Dit is my groot eer en voorreg om almal na afloop van die lekker somervakansie by ons geliefde skool terug te verwelkom. Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n Geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Groot opwinding het saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 16 Januarie 2026, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s asook al ons nuwe leerders is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad en BRUL-JANt ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons leerders, ouers/voogde en personeel weer te sien, blad te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie-ervarings asook die opwindende jaar wat voorlê. Ek het dan ook die voorreg gehad om met die aanvang van die eerste skooldag die gr. 2- tot 7-leerders amptelik in die saal te verwelkom. My saalboodskap vir die eerste dag van die skooljaar het gehandel oor of hulle (leerders en personeel) gereed voel vir hul onderskeie nuwe grade asook alles wat die nuwe jaar gaan bied. Ek het mooi verduidelik dat ‘n mens nooit regtig gereed sal voel om iets nuuts aan te pak nie, want dit is nie ‘n gevoel...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 10 Desember 2025

Vandag sluit al die openbare skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders, personeel en ouers na ‘n besige en suksesvolle skooljaar. Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Ons unieke wyse van erkenning gee, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en passie te doen. Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders vir hulle harde werk en wat as 2025 se Top 10-akademiese presteerders aangewys is: Katryn Silvis (Dux-leerder 2025) Dané Olivier Annalene Viljoen Andries Gouws Stella Pansegrouw Amelie van der Walt Zani Scholtz Abi Fourie Johannes Mouton Gusto Hoogendyk Weereens groot dankie aan ons Graad 7-ouers wat vir ons BRUL-JANt, die menslike skelet en anatomie van die mens (vir die NW-klas) geskenk het as deel van die 2025 Graad 7-geskenk – dit is kosbaar! Ons is ook baie dankbaar vir die leesboeke wat hulle ook as geskenk aan die skool gegee het. Graag wil ek ook vir mnr. Leon en sy span hartlik gelukwens met vanjaar se puik kleure-atletiekbyeenkoms wat op Woensdag, 03 Desember (velditems), en Vrydag, 05...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 05 Desember 2025  

Kan julle dit glo? Die voorlaaste skoolweek van die besige kwartaal kom vandag met die kleure-atletiek tot ‘n einde. Desembermaand het haarself kom tuismaak in ons kalenders en dit beteken ‘n welverdiende vakansie en Kersfees is net om die draai. Ek glo almal is druk besig om die finale projekte en take vir die jaar so spoedig moontlik af te handel voordat die welverdiende vakansie aanbreek. Op Donderdagaand, 27 November, het ons musiekdepartement ‘n wonderlike kerskonsert vanaf 19:00 in die saal aangebied. Die indrukwekkende draaiboek is deur Frances Samuel (‘n ouer by ons) geskryf en die storieverteller is deur Pieter Rademeyer (gr. 6) en die skaapwagtertjies is deur Petronella Gouws (gr. 3) en Frannie Samuel (gr. 1) uitstekend vertolk. Hulle drie het hulle puik van hul taak gekwyt, terwyl die senior- en junior koor onderskeidelik onder leiding van Leon Starker en mnr. Ben opgetree het. Die skoolkore en die ouerkoor saam met die Cape Town Camerata het die aand met hul pragtige kerssang betower en onwillekeurig die gevoel van nostalgie en heimwee geprikkel. Die ongelooflike aand is verder gekomplimenteer met die fantastiese optredes deur die senior ensembles, asook Elisabet Marais (graad 7) met die puik voordra van die kersgedig, ‘n Os en ‘n Eseltjie. Die aand is op ‘n hoë noot met die samesang van ‘Hoor die blye eng’lelied’ afgesluit. Sjoe, dit was ‘n belewenis met almal in die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde: 28 November 2025

Die komende naweek groet ons spreekwoordelik November-maand en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ’n groot skok besef ’n mens dat 2025 amper iets van die verlede is. Weereens ’n bewys dat Vader Tyd vir niemand en niks stilstaan nie. Op ’n meer positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna ons almal uitsien, kom vinnig nader en ek glo ook dit is welverdiend met ’n baie suksesvolle en besige jaar agter die rug. Maak gerus seker dat julle ons 2025-jaarverslag, wat op 10 Desember beskikbaar gestel word, deurlees. Dit sluit al die opwindende 2025-aktiwiteite en suksesse van Laerskool Jan van Riebeeck in. Ek wil graag vir julle die versekering gee dat ons as personeel die afgelope jaar volkome toegewyd is tot die skool se operasionele bestuur, maar ons weet ook dat ons dalk nie al ons ouers honderd persent in alle aspekte tevrede gestel het nie. Die skool maak egter voorsiening vir die breë spektrum van sy leerders en ouers en ons kan nie ’n leerder of ’n ouer uitsonder deur hulle anders te hanteer of voorkeurbehandeling te gee nie. Verder sê ek beslis nie dat die skool alles reg doen nie, maar dat alle faktore oorweeg word voordat besluite geïmplementeer word. Daar is altyd plek vir verbetering en ons gaan daaraan aandag gee, maar ek glo ook dat daar beslis nie ’n plek soos ’n...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 21 November 2025

Die tweede week van die eksamen het op Maandag, 17 November, goed afgeskop en kom op Maandag, 24 November, tot ‘n einde. Die onderwysers is tans besig om die laaste klompie antwoordstelle noukeurig te merk en dan volg interne post-moderasie voordat die finale punte op die WKOD-skedules ingevoer word. Interne post-moderasie word deur die moderators (vakhoofde/departementshoofde) behartig, daarna volg ‘n tweede rondte moderasie waartydens ek as skoolhoof ook betrek word. Onderskeie antwoordstelle word saam met die vraestelle gebruik om die belangrike proses van moderasie verder te ondersteun. Moderasie (pre- en post-) vorm ‘n integrale deel van leer en onderrig en dien verder vir ons skool as ‘n gehalteversekeringsinstrument om seker te maak kwaliteit leer en onderrig geskied by ons skool. Dit is so belangrik dat ons deur middel van pre-moderasie seker maak dat die assesseringsinstrumente billik en regverderig is, maar ook voldoen aan ons hoë akademiese standaarde by die skool. In my gesprekke met voornemende ouers bevestig hulle almal dat die twee belangrikste redes hoekom hulle ons skool oorweeg om hul kind/ers in te skryf, soos volg is: 1) Hoë akademiese standaarde en verryking; 2) Waardes van die skool en sy gemeenskap. Akademie is een van ons spreekwoordelike vlagskepe waar uitnemendheid en die handhawing van hoë standaard te alle tye eerbiedig word. Dit is dan my eer en voorreg om die uitslae van die 2025 Mondelinge Kommunikasie-eksamens van ons...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 November 2025

  Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug, terwyl die graad 4 – 6-leerders gister, 13 November, met hulle eksamens afgeskop het. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar het ook die week tot ’n einde gekom. Baie dankie dat julle jul kind/ers tydens die finale eksamens ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Baie dankie dat julle ook sal help dat jul eie vrese en angs vir die komende eksamens nie in jul kind/ers manifesteer nie. Ek weet ook dat julle bekommerd is dat hulle goed in die komende eksamens sal vaar. Indien jou kind/ers spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer/ouers is geseënd, maar dit is ongelukkig nie vir almal beskore nie. Ons leerders doen die beste wat hulle kan op die bepaalde tyd. Daar is nog hope tyd vir ontwikkeling wat met genoegsame ondersteuning in plek sal val. Ons verloor daarom nie hoop nie, maar is trots op dit wat ons leerders vermag. Dit het verder onder my aandag gekom dat sommige ouers ons onderwysers die afgelope tyd onder geweldige druk oor die eksamens plaas, laat saans boodskappe stuur en onmiddellike terugvoer verwag, en in die proses baie krities is oor die komende eksamens, die eksamenrooster en hoe ons dit bestuur. Ek het dus besluit om my nuusbriefgedeelte vir week 5...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 07 November 2025  

Ek hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral dié tyd van die jaar (ook bekend as die “silly season”) waar ons nog so baie persoonlike en/of werkstake moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig onder baie druk voordat die langverwagte Desembervakansie vir almal welverdiend aanbreek. Volgende week, op Maandag, 10 November, begin die finale eksamen vir die Gr. 7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf Maandag, 3 November, volstoom aan die gang. Ons grondslagfase-onderwysers hanteer die finale assesserings op ’n deurlopende basis, wat beslis help om die assesseringsangs by ons leerders te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die “E-woord” gebruik nie aangesien die WKOD dit assesserings as kontroletoets beskou, maar op Donderdag, 13 November, begin die Gr. 4–6-leerders ook met hul eksamen, en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamen verhoog ongelukkig stres- en angsvlakke by leerders, en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te help bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ’n natuurlike reaksie, en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees om ons leerders...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 31 Oktober 2025  

Vandag sluit ons week 3 van die kwartaal af deur vir Oktobermaand spreekwoordelik te groet. Dit bly maar verstommend hoe vinnig die jaar einde se kant toe snel, met een van die langste maande van die jaar wat in ’n oogwink verby is, om môre Novembermaand te verwelkom. Kersfees maak dan sommer ook skielik sy verskyning op die kalender met die pragtigste Kersfeesversierings wat winkelsentrums oral verfraai. Ons junior koor het op Woensdag, 22 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Laerskool Van Riebeeckstrand, asook op Saterdagoggend, 25 Oktober, te Hoërskool Jan van Riebeeck tydens hul PlezierMarkt opgetree en hulle weereens puik van hul taak gekwyt. Baie dankie, mnr. Ben en die junior koor, wat ons so trots maak met jul puik optredes die afgelope jaar. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die volgende leerders wat silwer medaljes tydens die Kaapse Eisteddfod verower het, hartlik geluk te wens – ons is baie trots op julle: Floris Muller – voordrag Frannie Samuel – voordrag Cornelia Opperman – voordrag Jean-Jacques Rossouw – voordrag Mika van der Walt – voordrag Antjie Samuel – voordrag Coreen Scholtz – onvoorbereide lees Graad 5–6, asook Junior Sang (in die kategorie Afrikaanse Lirieke) Gerhard Conradie – onvoorbereide lees Graad 5–6, asook vir voordrag Jamie Jordaan – unprepared reading Susie Samuel – onvoorbereide lees, asook unprepared reading Coreen Scholtz en Antjie Samuel – Beste Junior...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 24 Oktober 2025

Week 2 van die laaste kwartaal kom dan vandag te vinnig tot ’n einde, maar het gelukkig met groot opwinding op Maandag, 20 Oktober, afgeskop met die aanbieding van ons jaarlikse en gewilde matrieksaal. Dit is al tradisie dat ons jaarliks al die matrikulante wat by ons graad 7 voltooi het, uit te nooi na ’n spesiale matrieksaal. Ons het dus vanjaar weer al die 2025-matrikulante wat tydens 2020 by ons in graad 7 was, uitgenooi om die spesiale saalbyeenkoms saam met ons leerders en personeel by te woon om vir hulle sterkte vir die komende matriekeksamen toe te wens. Ons nooi nie net Hoërskool Jan van Riebeeck se matrikulante wat by ons in die laerskool was nie, maar alle matrikulante wat in graad 7 by ons was. Die 2025-matrikulante moes in hul graad 7-jaar met Covid-uitdagings oor die weg kom, en hulle het heelwat van hul graad 7-skooljaar gemis as gevolg van al die drakoniese inperkings. Ons was baie bevoorreg dat die 2020 Hoofdogter en Hoofseun, Emma Bartel en Cayle Stoltz, ’n kort toespraak kon lewer. Baie dankie ook aan Jana Brink, tans die Hoofdogter van Hoërskool Milnerton, wat ook ’n baie inspirerende toespraak gelewer het. My beste wense vergesel die merkwaardige matrikulante vir die komende matriekeksamen. Hulle moet nou al die harde werk wat hulle tot gr. 12 gebring het in aksie omskakel om vir hulle ’n...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde -17 Oktober 2025  

Dit is my ’n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ’n heerlike, maar baie kort Oktober-vakansie. Ek hoop almal het die vakansie terdeë geniet. Verder glo ek almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is vanjaar besonders kort, want dit is slegs nege weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind – hou dus die spasie dop en maak jou spreekwoordelike gordel vas. Die somersport buitemuurseprogram het alreeds op Maandag, 13 Oktober, met mening afgeskop en ons maak gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooie, -swemgalas en -byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Musieklesse het ook op Maandag, 13 Oktober, begin. Die finale rondte van die WOW-spelfees het die afgelope naweek gedurende die vakansie by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind. Mateo (Gr. 4) en Ghia Pereira (Gr. 6) was die enigste Jannies wat tot die finale rondte deurgedring het. Mateo het ’n 7de plek en Ghia ’n 8ste plek in hul onderskeie kategorieë behaal. Hierdie is merkwaardige prestasies op nasionale vlak en baie spesiaal dat boetie en sussie saam op die hoë vlak kon presteer. Baie geluk julle twee – julle maak ons baie trots, en ons besef die harde werk en tyd wat daarmee gepaard gegaan het om vir die uitdagende kompetisie voor te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 03 Oktober 2025

’n Opwindende Kwartaal 3 propvol skoolaktiwiteite kom vandag amptelik tot ’n einde met die sluit van die skole vir ’n kort vakansie voordat ons die finale pylvak van die jaar aanpak. Ek hoop en vertrou dat julle ook kwartaal 3 saam met jul kind/ers en ons terdeë geniet het. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat julle jul kinders en ons skoolaktiwiteite so lojaal ondersteun. Ek glo jul kinders is gelukkig by die skool en daardeur sê ek nie dat ons alles wat ons by die skool doen perfek doen nie, maar eerder dat die bestuurspan en personeel saam met die Beheerraad alles in hul vermoë doen om die skool net na nog hoër hoogte te lei. Die leerders se vrymoedigheid om daagliks by my kantoor te kom inloer om te groet of net om seker te maak dat ek, soos hulle dit stel: ‘’okay’ is’, is seker die beste byvoordeel wat ek, as skoolhoof, voor kon vra. Ek is saam met julle ongelooflik trots op jul kinders se prestasies, maar veral oor hul goeie maniere! Oktobermaand het haar verskyning te vinnig gemaak. Vir my is dit ’n idilliese maand en kan ek nie anders as om aan die bekende digter, C. Louis Leipoldt, se pragtige gedig oor Oktober te dink nie. ‘Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so...

Lees Verder

Program: Laaste week van kwartaal 3

Hier volg inligting rondom die beplanning vir die laaste week van kwartaal 3:   Maandag, 29 Sept: Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes Krieket 13A-toer   Dinsdag, 30 Sept: Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes   Woensdag, 1 Okt: Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes Algemene kennis toets   Donderdag, 2 Okt: Klasse ruil nie Sivviedag Markdag – Intersenfase verkoop (10:00) Tennis uitspeel rondtes Jan Kas gesluit Skool verdaag om 13:00 vir gr. 1 – 7   Vrydag, 3 Okt: Klasse ruil nie Sivviedag Vorderingsverslag (rapport) word elektronies gestuur Tennis uitspeel rondtes Jan Kas gesluit Skool sluit om 10:30 vir gr. 1 –...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 26 September 2025  

Die tweede laaste week van die besige kwartaal het omtrent vinnig verbygesnel en vandag het ons met die opwindende, tweejaarlikse akademiese- en kultuurweek afgesluit. Die week voel natuurlik ook korter met die publieke vakansiedag, naamlik Erfenisdag of ook bekend as ‘Braaidag’ wat ons jaarliks op 24 September vier.   Ons land spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van goeie mense. Daarom vier ons jaarliks Erfenisdag op 24 September. Tydens die spesiale openbare vakansiedag vier ons as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons kosbare erfenis. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons reënboognasie te vier! Jy kon  dus op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, geloof, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Ek glo almal het die dag omhels en ‘n smaaklike vleisie op die kole gegooi of aan iets heerliks eie aan jou kultuur gesmul.     Om ons wonderlike erfenis te vier, het ons skool op Donderdag, 25 September, spesiaal ons trotse landsvlag in die vierkant ‘gebou’.  Elke graad het ‘n ander kleur van die landsvlag soos volg verteenwoordig: Graad 1: ...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 September 2025

Ek hoop en vertrou dat julle ook ’n baie goeie week geniet het, veral met die Springbokke wat die vorige naweek vir die Kiwi’s behoorlik gewys het waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het. Ek glo dit was ’n moeilike week vir die New Zealanders om hul grootste rugby-pakslae ooit te verwerk. Dr. Rassie en sy span weet darem net hoe om alle Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers baie trots te maak. Die Kaapse weer bly darem net onvoorspelbaar en Moeder Natuur het weer die week haar “koue baadjie” aangetrek, al wil ons tog in ons harte glo dat lente uiteindelik hier is, en daarmee ook baie van ons gunsteling-blomplante. Ek glo dat julle opgelet het dat die clivias aan die voorkant (Kloofstraat se ingang) van die skool vanjaar weer in prag en praal blom met hul oranje kleure wat behoorlik die voortuin van die skool ophelder. Clivia miniata is een van ons meer bekende plante in Suid-Afrika en kom in tuine regoor die land voor. Hierdie wonderlike plante produseer nie net pragtige blomme tydens die lente nie, maar vermenigvuldig ook vinnig oor tyd, en as inheemse plante is hulle gewoond aan ons uiterste Suid-Afrikaanse klimaat. Ons pragtige oranje clivias komplimenteer ons skool se kleure beslis so mooi. Baie geluk aan Ghia (Gr. 6) en Mateo Perreira (Gr. 4) wat bronsmedaljes na afloop van die WOW se provinsiale spelkompetisie op Saterdag, 13...

Lees Verder
  • 1
  • 2