Geagte Ouers / Voogde – 14 Junie 2024
So breek die einde van ‘n lang en besige, maar ‘n opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies. Geniet ‘n welverdiende wintervakansie om sommer alles te doen wat julle die afgelope tyd as gevolg van die eksamen en/of assesserings nie voor tyd gehad het nie. Op Vrydag, 07 Junie, het die oorhandiging van die sporttoerklere vir die Suid-Kaaptoer vroeg die oggend in die saal plaasgevind. Ons was so bevoorreg om ‘n legende in die netbalwêreld, Pumza Maweni, tydens hierdie spesiale geleentheid by ons skool te verwelkom. Sy was so gaaf om die sporttoerklere aan die toerlede te oorhandig. Pumza is ‘n voormalige Protea-netbalspeler en het ‘n ongelooflike 121 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy is ‘n ware rolmodel vir ons dogters en dit was ‘n besondere voorreg om haar te kon ontmoet. Die netbaldogters en -afrigters het dit vreeslik geniet om foto’s saam met haar te neem. Baie dankie aan juf. Sharon wat met Pumza reëlings getref het om haar besoek aan ons skool moontlik te maak. Ons sporttoerspanne het op Maandag, 10 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die...
Lees Verder