Baie dankie aan almal wat reeds die nuwe netbalwedstrydhempie gekoop het. Ons het gister vir die eerste keer daarin gespeel en dit het pragtig gelyk. Die kinders se opwinding oor die nuwe hempie is aansteeklik. Onthou asb dat ons dit slegs vir wedstryde gaan dra. Vir die ouers wat nog nie ‘n hempie gekoop het nie, dit is steeds by die klerebank beskikbaar teen R175.