Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!
SKEDULE
Vrydag, 6 Februarie:
* Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20
* Oefen: 14h20 – 17h45
* Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 – 19h00
Saterdag, 7 Februarie:
* Oefen: 09h00 – 14h00
* Ons voorsien:
* Waatlemoen vir peuselhappie
* Boereworsrolle vir middagete
* Leerders pak genoeg water en peuselhappies in.
* Kampkonsert vir ouers: 14h15 – 14h30
Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 – 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon.
Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.
Groete,
Rolene