Dané Olivier het in Augustus aan die TIME-danskompetisie deelgeneem, waar daar sowat 3 000 inskrywings was in verskeie dansstyle. Sy het uitstekend presteer en plekke in ballet- sowel as kontemporêre solo’s en groepe behaal. Sy is ook aangewys as een van die Top 10 junior dansers.

In Desember gaan Dané Barcelona toe om aan die internasionale Youth Grand Prix-balletkompetisie deel te neem. Sy is een van slegs vyf dansers van haar balletskool wat vir hierdie groot geleentheid gekies is.