Daar lê ‘n heerlike toer na George voor waarna die senior koor kan uitsien. Ter voorbereiding van die kompetisie, Cantanus Koorfees, waaraan die koor in George gaan deelneem, wil ons graag ‘n oefenkamp reël op Dinsdag, 29 Julie @ 13:15–17:00. Dit sal ons kans gee om rustig met die kinders deur al die repertorium te werk, en aandag te gee aan aspekte van ons musiek waarvoor ons normaalweg nie tyd het nie.

Datum: Dinsdag, 29 Julie

Tyd: 13:15 – 17:00

Bywoning is verpligtend, en ouers moet asseblief by my verskoning maak indien iemand dit nie kan bywoon nie.


OUERVERGADERING OOR KOORTOER NA GEORGE

Ons wil ook hierdie middag gebruik om inligting rakende die toer met ouers te deel. Hierdie sessie sal dan direk ná ons oefening begin: 17:00–17:30.

Datum: Dinsdag, 29 Julie

Tyd: 17:00 – 17:30

Vra gerus indien daar onsekerheid oor iets is.

Kontak vir Juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za