Bella Malan (Graad 5) het op Saterdag, 31 Mei, aan die Kaapse Gimnastiek-distrikskompetisie deelgeneem en ‘n silwermedalje verower. Sy is ook gekies om die distrikspan te verteenwoordig by die WP-byeenkoms, wat van 26 tot 29 Junie in Saldanha plaasvind.
Baie geluk, Bella!
