Die jaarlikse Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Groep van 80 sterk JVR-Jannies en ouers het die vierdag-toer met groot entoesiasme aangedurf.

As julle hou van kamp en saam met jou kind ’n onvergeetlike avontuur wil aanpak, dan daag ek die Graad 6-ouers van 2024 uit om die datum vir volgende jaar reeds in die dagboek te plaas: 26 – 31 Maart 2026.

Let wel dat hierdie jaarlikse toer direk met Felix Unite in Namibië deur die Jannie-ouers gereël word. Ek stel voor dat iemand wat reeds roomys langs die rivier geëet het in vorige jare, die huidige Graad 6-span verteenwoordig vir ’n paar reëlings.

Ons deel graag ons ondervinding van hierdie en vorige jare, en ek sal sekerlik weer rasieleier wees vir die 2030-Graad 7’s!

As jy jou hand wil opsteek vir volgende jaar se reëlings, kontak my gerus.
Rudi Barnard (rudi.barnard@gmail.com / +27 72 555 9956)