Ons is opgewonde om aan te kondig dat konsertkaartjies eersdaags op Quicket beskikbaar sal wees. Hou asseblief hierdie spasie dop om presies te weet wanneer kaartjie verkope open. Neem dan asseblief ook kennis dat die konsert vanaf 2 – 12 September plaasvind. As gevolg van die energievlakke en deelname van al die leerders in ons skool, vind die konsert nie elke aand gedurende daardie twee weke plaas nie.
Sodra ons gereed is om Quicket oop te stel, sal almal in kennis gestel word. Wees asseblief nog ‘n rukkie geduldig.