Indien enige iemand gedurende die inperking hul huis reggepak het en ekstra plastiekhouers het, wil ons vra dat dit asb. aan die skool se konsertstoor geskenk sal word. Die skool het al verskeie houers aangekoop, maar benodig nog baie meer om al die mooi kostuums en bykomstighede vir die toekoms te bewaar. Ons is veral opsoek na 21 en 30 liter-houers. Stuur dit asb. na juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) toe en dui aan dat dit vir die konsertstoor is.