Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na ‘n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of ‘n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7’s en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek.

Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak!
Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart)
Waar? Skoolsaal
Tyd? 07:15 – 07:40

Rig alle navrae aan lucia@jvrprim.co.za