Hoërskool Jan van Riebeeck het hulle slimste, veelsydigstes en hardwerkendste leerders tydens die skool se jaarlikse merieteseremonie beloon vir hulle harde werk. Van die spesiale toekennings wat die aand uitgedeel is, gaan aan oud-Laerskool Jan van Riebeeckers en sluit in die Jan van Riebeecker van die Jaar wat deur Theodore Pauw gewen is. Hy stap ook weg met Veelsydigste Presteerder seun gr 12, Erekleure vir leierskap (MR en onderhoofseun) asook verskeie vakpryse en ander akademiese prestasies.
Ons hoofdogter, Lila Ferreira en haar tweelingsuster en onderhoofdogter, Nina Ferreira, stap weg met die volgende prestasies. Lila ontvang die trofee vir Veelsydigste Presteerder dogter gr 12, 2de Graadposisie graad 12 en die Jamneck Wisseltrofee en erekleure vir leierskap (MR-voorsitter en hoofdogter). Nina behaal die 1ste klasposisie en daarmee saam die gesogte Dux-toekenning, asook erekleure vir leierskap (MR en onderhoofdogter).
Nog ‘n oudleerder om mee te spog is Emil van der Walt, ons Nuusmaker van die Jaar en Hoofseun van 2019.

Links: Braam en Daniël Regs: Lila en Nina

Links: Emil van der Walt Regs: Theodore Pauw