1. Ons vertrek vanaf die skool om 06:00, Dinsdag, 6 April 2021 en sal weer Sondag, 11 April 2021 terug wees.
2. Slegs die Gr.7’s van 2021 en een ouer/voog word toegelaat. Elke leerder moet saam met ‘n volwassene roei.
3. Vul die VORM VOOR 21 Oktober 2020 in.
4. Betaal ‘n deposito van R1,000 voor 31 Oktober 2020 in die skool se rekening (verwysing: OR en jou kind se naam, bv. OR JOHANN LOUBSER).
5. Paspoorte moet tot NOVEMBER 2021 geldig wees. Onverkorte (“unabridged”) geboortesertifikate van kinders word vereis.
6. Vir meer inligting of navrae, verwys na die brief aan die Graad 6-ouers hieroor of stuur gerus ‘n e-pos aan Cobus Loubser (cobusloubser1@gmail.com).

Om die bemarkingsvideo te kyk wat Wim Vorster van die 2019 toer gemaak het, kliek HIER.