Al voel dit vir ons of die wêreld tot stilstand gekom het, begin ons stadig maar seker weer terug keer na normaal. Van ons leerders het die afgelope naweek aan die eerste ronde van die WP-tennisproewe deelgeneem.

Die uitslae op die ranglys vir hul onderskeie ouderdomme van die eerste toernooi is as volg:
O/10 Dogters: Sofia Newton, 7de
O/10 Seuns: Dawid-Wiese Viljoen, 1ste en Johan Symington, 3de
O/11 Seuns: Gustav Pansegrouw, 8ste
O/12 Dogters: Mia Symington, 1ste en Heloïse Strauss, 2de
O/12 Seuns: Fredrich Erasmus, 2de en Danny Newton, 5de

Vir die eerste ronde speel spelers in twee toernooie in hul eie distrik. Hul gemiddelde posisie na dié twee toernooie bepaal dan hul finale posisie. Om te kwalifiseer vir die Kaapse Metropool Ronde, waar hulle teen die ander distrikte sal speel, moet hul gemiddelde posisie hulle onder die top 5 plaas. Baie dankie aan “Coach” Yurich en sy span by DTA wat ons spelers so ongelooflik afrig en ondersteun! Baie geluk julle! Dit is wonderlik om te sien hoe julle in die sport groei!