Laerskool JvR Covid-19
Voorbereiding vir 1 Junie ’20

Mnr. Oosthuizen is ALTYD op sy pos en kan enige vraag van wie ookal, oor wat ookal, hoe ookal en wanneer ookal binne 0.06 sekondes beantwoord. In my boek, baie beter as minister Angie M…
Leon en Jodene is beslis meer binnegoed as bek en hul interpretasie, verwerking en voorbereiding t.o.v. die virusmaatreëls laat mens se oë net nog groter agter die stomme maskers rek, om die virus se verspreiding oral in die skool sover moontlik te beperk.
Lucia en Benita is bek, binnegoed, brein en boek as enige iemand raad, hulp of bystand soek. Sonder dat jy hoef te smeek of te soek!
Razelle en Michelle kopiëer, lamineer en plak aanwysings dat Covid-19 sy spoeg maar liewers buite die skoolterrein moet sluk of laat spat.
Hannes en oom Steyn huiwer nie om die laaste spuitkan, spyker en wieldop in te kap of te trap, om ons almal klopdisselboom te laat funksioneer, sommer so in die verbygaan of op ‘n drafstap.
Al die terrein- en skoonmaakpersoneel pleister, poets en toets onverpoos (soms met toegewasemde brille en maskergrille) en dr. André laat die vraelys klink na ‘n gesang terwyl hy korrel tussen jou oë en mens se koors laat daal met ‘n stewige, vrolike halleluja.
Marili maak dat ons ligte aanbly en fone lui, nie een van ons sonder ‘n salaris sit en honger lei, en dat ál die kinders in die skool kan bly!!
Elke onnie kán ons nie sonner nie… En Suzaan (IT) laat die ouers dit mooi weet en verstaan.
Nou hoop ek net dat al die ouers se motors Maandag soos Benita s’n blink, die skoolmeisies se poniesterte soos Suzaan (in graad 7) s’n van opgewondenheid wip en Warren se hare die kortste is wat hy dit ooit sal waag…
maar dat Andri, Marianne en Rentia op die gr. 7 seuns wat se kuiwe langer as Warren s’n is, summier en sonder om te meet of te pas, die 38°-reël toepas met ‘n CUTTT…
Boetie… Covid of te not…Take 5!!