Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 3 Mei 2019 Landloop: Wedloop 2 (Keurboom Park, Squirrels Way, Rondebosch)

Vrydag, 3 Mei 2019 Skaak: Liga wedstryde St Cyprian’s (weg) (St. Cyprian’s School, 2387 Gorge Rd, Oranjezicht)

Vrydag, 3 Mei 2019 Wiskunde Olimpiade (Cum Laude) Gr.6 en 7

Saterdag, 4 Mei 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate)

Sondag, 5 Mei 2019 Helecia Groenewald (Musiek) verjaar

Maandag, 6 Mei 2019 Netbal: Liga vs. Goodwood Park (weg) (Goodwood Park Primary School, Beaufort St, Goodwood)

Woensdag, 8 Mei 2019 Vakansiedag (Nasionale verkiesingsdag)

Donderdag, 9 Mei 2019 Vicky Taljaardt (OLSO) verjaar

Donderdag, 9 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/9 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park)

Vrydag, 10 Mei 2019 Landloop: Wedloop 3

Vrydag, 10 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR

Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.4 – 6 NWT

Vrydag, 10 Mei 2019 Skaak: Curro Hermanus Skaaktoernooi, WEG

Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.7 NW

Saterdag, 11 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR

Saterdag, 11 Mei 2019 Zuki Pakama (Juffrou) verjaar

Saterdag, 11 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/7 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park)

Saterdag, 11 Mei 2019 Horizon Wiskundekompetisie 2de Rondte

Maandag, 13 Mei 2019 Netballiga: Wolraad Woltemade (weg) (WOLRAAD WOLTEMADE PRIMARY SCHOOL, 94 Adam Tas Ave, Bothasig)

Dinsdag, 14 Mei 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld 10:00 – 14:00

Dinsdag, 14 Mei 2019 Eisteddfod: 16:15-18:30 (Gr.2&3)

Woensdag, 15 Mei 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld 08:30 – 13:00

Woensdag, 15 Mei 2019 Rugby: Liga wedstryde

Donderdag, 16 Mei 2019 Eisteddfod Solosang 15:45-18:30 (Gr.4&5)

Vrydag, 17 Mei 2019 Landloop: Wedloop 4 (Fish Hoek Primary School, Upper Recreation Road, Fish Hoek)

Vydag, 17 Mei 2019 Eisteddfod Solosang 14:00-18:00 (Gr.6&7)

Vrydag, 17 Mei 2019 Redenaars semifinale rondes ATKV (R)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Veranderinge by Huppelland

Ons het nog altyd vir Huppelland en die Laerskool as een skool gesien. Daar word gesamentlik begroot, beplan en bestuur en heelwat van ons ouers het kinders in beide Huppelland en die Laerskool.

Teen hierdie agtergrond en met die doel om nog meer effektief te funksioneer het ons die volgende veranderinge implimenteer:

1. Die skoolhoof van Huppelland, Mariette Herholdt, word ‘n Departementshoof en bly verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van Huppelland, sowel as die kurrikulum van Gr 00 en Gr 0.

2. Ons het derhalwe een skoolhoof wat verantwoordelik is vir beide Huppelland en die Laerskool.

3. Vir akademiese kontinuïteit word graad R nou amptelik deel van die Grondslagfase. Ons is besig om ‘n nuwe Grondslagfase Departementshoof aan te stel wat voortaan akademiese verantwoordelikheid sal neem vir graad R by Huppelland.

4. Die Karri-toepassing wat finansiële bestuur en betalings vergemaklik, gaan ook vir Huppelland-ouers beskikbaar word. Ons gaan ook die laerskool se nuwe administratiewe stelsel, MyJvR, by Huppelland implementeer. Meer inligting daaroor later.

5. Jodene le Clus-Naylor is bevorder na die skool se nuwe hoof van Personeelsake en Administrasie. Aansoeke vir Huppelland gaan nou vanuit Jodene se kantoor gedoen word en Huppelland se Ohna Geyer sal voortaan aan Jodene rapporteer.

Hierdie veranderinge het tot gevolg dat ons nou duidelik as ’n enkelskool funksioneer en toelating, administrasie en kurrikulum sentraal bestuur ten behoewe van al ons kinders, personeel en ouers.

Vir enige navrae kontak asb ons Beheerliggaam by mscholtz@genfin.co.za.

---

NUUTSTE NUUS

As deel van ons fondsinsamelings vir die Suid-Kaaptoer nooi ons almal uit om saam met ons ‘n aand by die Barnyard Teater in Willowbridge te kom geniet. Die vertoning wat aangebied word, is “Big Top Rock”. Ons moedig ALMAL in die skool aan om dit by te woon. Ouers kan soveel moontlik kaartjies bespreek. Daar kan 10 mense aan ‘n tafel sit. Kaartjies kan gekoop word deur die Karri Toep of jy kan kontant in ‘n koevert plaas met jou kind se naam, graad en die hoeveelheid kaartjies wat jy wil hê , na juffrou Hanekom toe stuur.

Gedurende die vertoning kan tafels hul eie kos neem of pizzas by Willowbridge bestel. Alle drank moet op die perseel gekoop word. Ons wil natuurlik hê almal moet veilig daar kom en bied ook vir ouers die opsie aan om van ons busvervoer gebruik te maak teen R65 per persoon.

Big Top Rock!

Perseel: Barnyard Teater @ Willowbridge

Datum: 18 Mei 2019 (Saterdag)

Tyd: 18:30 (deure open) 20:00 (vertoning begin)

Koste: R155 per persoon

Bus vertrek: 18:00

Bus koste: R65 per persoon

Sluitingsdatum vir die koop van kaartjies is Woensdag, 15 Mei om 17:00. ‘n Kaart vir die bespreking van tafels sal met belangstellendes gedeel word.

Ons wil graag vir Michelle van Reenen van Room 13 (Nicolaas du Plooy in Graad 3 se mamma) baie dankie sê vir die ontwerp van ons allerpragtige uitnodiging!

Dit is nou net minder as ‘n maand voor die veiling plaasvind. Vir diegene wat nog nie laat weet het nie, of dié wat aan FOMO ly, kontak gerus vir Coreen Scholtz of Esna Boshoff – daar is nog plek beskikbaar.

Die veiling word gehou ten einde fondse in te samel om die skool uit te bou en te verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Vir meer inligiting aangaande die onderskeie projekte wat reeds afgehandel is en dit wat in die pyplyn is, verwys gerus na verlede week se NUUSBRIEF.

Die ingesamelde fondse word aangewend vir projekte wat andersins nie onderneem sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan.

Indien jy wel nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word.

Enige verdere navrae kan aan Coreen Scholtz of Esna Boshoff (sien e-posadresse hierbo) gerig word.

Ons het ‘n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar ‘n gedeelte waar jy kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die vorm.

Vandag (Vrydag, 3 Mei), is die laaste dag vir fotobestellings. Vir meer besonderhede, kliek HIER.

Nadat die eerste wedloop van 26 April deur WP gekanselleer is, begin ons Vrydag, 3 Mei, met die eerste wedloop wat by die Gary Kirsten Oval in Rondebosch sal plaasvind. Die vorm is met ouers van atlete wat gereeld die oefeninge bywoon, gedeel. Indien jy dit nie ontvang het nie of jou kind is nie gereeld by die oefeninge nie, volg die SKAKEL en voltooi die vorm.

Hamilton’s Rugbyklub het ons genader om te vra of enige van ons rugbyspelers sou belangstel om by hul klub aan te sluit. Hierdie Saterdag, 4 Mei, is daar geleentheid vir O/8 en O/9 spelers om wedstryde te speel. Indien julle sou belangstel, volg die SKAKEL en kontak vir Thys of Shaun vir meer besonderhede.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Naam en van: Werner Steyn

Graad: 4vdW

Waar bly jy?: Blouberg

Gunsteling vak: Wiskunde

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is ‘n goeie vriend.

karnallie



Definisie: ‘n Stouterige (soms effens skelm) jongerige persoon, van wie jy eintlik hou.

Sin: Die stoute karnallie steel die meisies se pousekos.

Wenner: Klara von Lieres (Gr.6W)

Besoek gerus die VERLORE GOEDERE SKAKEL vir ongemerkte skoolklere en skoolskoene.

AKADEMIE

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad ,bied vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aan. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem, is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte aflê op 3 Mei. Intussen het leerders die geleentheid om ‘n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Satedag 27 Julie by Hoërskool Brackenfell. Slegs die top 60 leerders per provinsie sal uitgenooi word na die finale rondte. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste in die land eindig ,wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek ontvang R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte toe.

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

---

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgaan na die ATKV redenaars se semifinale ronde.

Emma van Biljon

Mieke Hertzog

Carla Snijders

Armand Meyer

Liezel Snijders

Baie geluk en sterkte met jul voorbereiding!

SPORT

Vrydag, 26 April, het ons skaakspan die tweede WP-liga wedstryd gespeel teen Koeberg Primary. Ons O/13 gemengde span het binne ‘n japtrap ons teenstanders uitgestof en 6-0 gewen. Baie geluk julle!

Ons O/7- O/13 spelers het Maandag, 29 April teen Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand gespeel. Daar was groot opwinding onder die O/7 spelers omdat dit hul eerste wedstryd was. Die uitslae is soos volg:

O/7 A 15 – 10 (wen) O/7 B

O/8 A 15 – 5 (wen) O/8 B

O/9A 15 -10 (wen) O/9 B

O/11A 10 -5 (verloor) O/10 VRS B

O/13A 28 – 0 (wen) VRS B

Baie geluk manne,dit was ‘n goeie begin!

Baie geluk aan die onderstaande spelers wat gekies is vir Metro-Noord se spanne. Hulle het Vrydag, 26 April, teen Metro-Sentraal se spanne gespeel om dan deur te dring na die finale proewe waar al vier Metro-distrikte se spelers sal kompeteer vir ‘n plek in die Wes-Kaap spanne (O/12 & O/13) of WP-spanne (O/11 – O/13). Die spelers wat Vrydag deelgeneem het is Mia Symington en Katrien Stimie (O/11); Stella Malan (O/12); Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen (O/13). Mia, Stella en Jacomien het deurgedring na die volgende rondte wat Woensdag, 1 Mei by Laerskool De Hoop in Somerset Wes plaasgevind het. Mia Symington het gister uitstekend gevaar en is gekies vir die WP 0/11 span !! Die ander spelers het dit ongelukkig nie gemaak nie.

Ons eerste wedstryde vir die seisoen begin Maandag, 6 Mei teen Goodwood Park. Wees op die uitkyk vir die Google vorm.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Die opinie van die meerderheid is nie altyd die waarheid nie, en die rigting wat die meerderheid inslaan, is nie altyd navolgenswaardig nie.”

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209