Die Eisteddfod is om die draai en die Jannies oefen dat die rook so trek. Ons is baie opgewonde om al ons leerders se talent hierdie naweek, 10-11 Mei, te geniet. Hier volg net ‘n paar finale reëlings. Alle ouers en besoekers moet gebruik maak van die agterste hek en daardie parkering. Die voorste parkering sal slegs vir personeel en beoordeelaars beskikbaar wees. Alle leerders het reeds die program met hul dag, tyd en lokaal op ontvang. Indien jy nog nie ‘n kopie ontvang het nie of jou kind se naam nie op die lys verskyn nie, kontak asb. vir juffrou Schultz (lizemari@jvrprim.co.za) sodat ons alle probleme vroegtydig kan uitstryk. Maak ook seker dat die spelling van u kind se naam korrek is, aangesien hierdie naam op die sertifikaat gedruk gaan word.
Die lokale is as volg:
Lokaal A is die saal.
Lokaal B is juf. Van Rooyen se Engelse klas.
Lokaal C is die Biblioteek.
Lokaal D is Juf. Crous se klas.
Lokaal E is Juf. Schultz se klas.
Lokaal F is Juf. De Jager se klas.
Kom ondersteun gerus al ons Jannies en geniet die naweek saam met ons!