Tydens die grendeltyd het Netwerk 24 hulle jaarlikse Wiskundekompetisie aangebied. Alle leerders het die kompetisie aanlyn voltooi en die top 20 leerders in die Wes-Kaap is geïdentifiseer. Baie geluk aan Sebastian Maree. Hy is een van die top 20 leerders wat op 24 Julie deelneem aan die tweede rondte van die Wiskundekompetisie. Daar is groot pryse op die spel en die wenner van die kompetisie kan R15 000 vir homself en R15 000 vir die skool wen.

Ons wens vir Sebastian alle sterkte toe en weet hy sal baie goed doen!