Hoërskool Jan van Riebeeck se interskole is komende Saterdag. Sien wedstrydprogram:
Wedstrydbepalings

Volgende week Woensdag (22 Augustus) is dit tyd vir ons jaarlikse kultuuraand, Stampvol, waar die toneelgroep en verskeie ander leerders met hul talente gaan spog.
Die Ondier, deur Phillip Rademeyer, beloof om weer baie goed te vaar by die ATKV-toneelkompetisie en u kan dit op dié aand heel eerste sien!
Kaartjies kos R50 vir leerders en R100 vir ouers (die ouers kry ‘n glasie wyn en eetgoed voor die tyd). Die vertoning begin om 19:00.
Daar sal wyn te koop aangebied word en die snoepie sal oop wees vir ander eetgoed. U kan kaartjies deur die Karri-toepassing, by Petula by Ontvangs of die aand by die deur koop. Ons wil u egter aanraai om gou te spring, want dit is ‘n baie gewilde aand wat vinnig uitverkoop!
Program