Baie geluk aan Lia Luna Li Latti in Gr 3 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle deurlopend herwin! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys!
Kan julle help om 6000 2L wit melkbottels bymekaar te maak??
‘n Ouer van ons skool se besigheid, essay GIFTS en Kidz Positive is besig met ‘n kunsprojek waar gebruikte 2L melkbottels herwin word vir ‘n reuse kunsprojek wat werk verskaf aan HIV-positiewe ma’s. Hulle benodig 6 000 melkbottels binne 8 weke om hierdie projek te voltooi. Die eindresultaat sal in November landwyd bekend gemaak word. Hulle sal enige hulp baie waardeer.
Indien jy kan help, gee asseblief jou 2L melkbottels by Matthews in.