Onthou om julle kaartjies vir die kooropname van die Seniorkoor by Curro Sitari te Somerset Wes op Saterdag 9 Junie te koop. Kaartjies kos R90 elk en kan per EFT voor Woensdag by Marili gekoop word. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies vir elke skool en geen kaartjies sal by die venue verkoop word nie. Alle koorlede het reeds ‘n brief met volledige inligting aangaande die geleentheid ontvang. Maak seker dat u vertroud is met die inligting. Vervoer: Daar is reeds ‘n paar ouers wat aangebied het om met vervoer te help. Kontak asb. vir juf. Groenewald as julle van die diens gebruik wil maak.