Veertien van ons leerders neem eerskomende Saterdag deel aan die tweede ronde van die Horizon Wiskundekompetisie. Hierdie kompetisie word slegs in Engels aangebied. Die leerders het alreeds puik presteer om te kwalifiseer vir die tweede ronde.

Die leerders wat deelneem is :
Graad 5: Stella Malan en Armand Meyer
Graad 6: Alexander Newton, Daniel Loots, Anna van Biljon, Dawid Adler en Peet Karsten
Graad 7: Benjamin Pienaar, Stef Mostert, Ethan Brits, Henry Malan, Gerard Snijders, Chris Scott en Christiaan Stimie.
Ons wil vir elke leerder sterkte toewens en hou vir elkeen duimvas!