Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 12 April 2018 Gr.4-7 Ouerbesoeke

Vrydag, 13 April 2018 Gr.6: Studiemetodes

Vrydag, 13 April 2018 Algemene Kennis toets

Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai

Woensdag, 18 April 2018 Mardry (juffrou) verjaar

Vrydag, 20 April 2018 Wêreld Boekedag

Vrydag, 20 April 2018 Boekkarakter-sivvies

Vrydag, 20 April 2018 Gr.7: Studiemetodes

Vrydag, 20 April 2018 Netbaltoernooi (Saffier)

Vrydag, 20 April 2018 Redenaars (Laerskool de Kuilen)

Saterdag, 21 April 2018 Annet (arbeidsterapeut) verjaar

Saterdag, 21 April 2018 Seniorkoor-oefening

Dinsdag, 24 April 2018 Marlene (juffrou) verjaar

Woensdag, 25 April 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 25 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6DJ

Donderdag, 26 April 2018 Nicolene (musiek) verjaar

Donderdag, 26 April 2018 Sivvies

Vrydag, 27 April 2018 VAKANSIEDAG

Maandag, 30 April 2018 VAKANSIEDAG

Dinsdag, 1 Mei 2018 VAKANSIEDAG

Vrydag, 4 Mei 2018 Gr.5: Studiemetodes

Vrydag, 4 Mei 2018 Skaak @ Camps Bay Prim

Saterdag, 5 Mei 2018 Helecia (musiek) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Vicky (juffrou) verjaar

Woensdag, 9 Mei 2018 Netblliga Milnerton

Woensdag, 9 Mei 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6L

Vrydag, 11 Mei 2018 Gr.4: Studiemetodes

Vrydag, 11 Mei 2018 Skaak 2 Highlands

Saterdag, 12 Mei 2018 Sporttoernooi (Fanie Theron)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

WELKOM TERUG

Baie welkom terug na ‘n kort blaaskans! Die tweede kwartaal is altyd baie besig en ons hoop almal se batterye is gelaai. Sien asseblief die kwartaalprogram en maak seker dat die funksies en wedstryde bygewoon word.

KLASBRAAI – VRYDAG 13 APRIL

Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat hierdie Vrydagaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal plaasvind.

Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas sal wees, maar al die ander dinge moet julle asseblief self saambring. Jy moet dus self ‘n rooster, ‘n lamp, glase, eetgerei, stoele, komberse, drink- en eetgoed, ensovoorts saambring. Ek is seker daar sal genoeg braaiers, helpers en skinkers wees vir al die enkelouers, maar veral vir die enkel ma’s… so jy hoef regtig nie die geleenheid mis te loop omdat jy nie kan braai nie!

Onthou tog asseblief om alles wat jy saamgebring het net weer self terug te vat huis toe.

Ons waarsku al die kinders dat geen kind enige vorm van waterpistool, spuit of enige ander gevaarlike speelding mag saambring veld toe nie. Geen kinders mag in die Huppelland terrein ingaan nie. Ons gaan streng optree teen alle oortreders en ons vra asseblief dat ouers moet help.



Indien dit reën, sal ons dit ongelukkkig moet afstel… ons sal teen 13:00 môremiddag ‘n besluit neem en u per sms laat weet of dit voortgaan en of dit gekanselleer is.

ALGEMEEN

Ons herinner julle aan die eco-brick kompetisie. Kry vandag nog ‘n 2 liter bottel en begin dit opvul met plastiek. Sien instruksies.

Die klas wat die meeste eco-bricks op 25 April bring ,wen.

Die hele wenklas kan op Woensdag 2 Mei verniet sivvies dra en elkeen sal ook op die 2 de Mei ‘n verrassing ontvang.

 

Liewe Ouers,

Soos sommige van u dalk reeds weet, verwag ek ons eerste kind en sal vir die res van die 2de kwartaal met kraamverlof wees. Ons verwelkom vir Kathy Cassells, wat by ons Pure Good Schools-span aansluit. Sy sal vir ‘n paar opwindende nuwe aanbiedinge sorg vir die ouers en leerders van Laerskool Jan van Riebeeck.

Kathy is ‘n ma van twee en verstaan dat goeie voeding vir ons kinders tydens die skooldag van uiterste belang is.

Onthou: Jy kan jou kinders se middagete en snacks elke Vrydag vir die volgende week aanlyn bestel. http://www.puregood.co.za/product-category/school-lunches/

Gaan ook gerus na die skool se webtuiste om meer oor die Pure Good-snoepie te lees: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/snoepie-blad/



Pre-kosblikkies

Ons is opgewonde om moeitevrye kosblikke vir u kinders te bied. U kan u kosblik-opsies aanlyn kies. Die kosblikke sal voorberei word en gereed wees vir u kind by die Snoepie teen pouse. Daar sal ‘n aanvanklike aanbod vir 2 x kosblikke vir R10 per blik wees, wat met u kind se naam gemerk sal word. Dit sal vervang moet word indien dit verlore raak of nie daagliks aan die Snoepie terugbesorg word nie. Sê vir u kinders dat daar ‘n verpakte middagete gereed is vir hulle by die Snoepie met hul naam daarop en herinner hulle ook om hul leë kosblikke na die Snoepie terug te bring direk na pouse, sodat dit skoongemaak en weer vir hul volgende bestelling verpak kan word. Die kosblikke sal die volgende opsies hê:

1 x toebroodjie op saadbrood (kaas, kaas en tamatie, hoender-mayo, tuna-mayo)

1 x Wrap (hoenderwrap, tunawrap, kaaswrap)

1 x Drankie-opsie (vrugtesap, vars rou sap, smoothie, ystee of water) 1 x Snack-opsie (muffins, dadelballe, gedroogde vrugte, biltong, skyfies) 1 x Vrugte- of groente-opsie (Heel vrugte of groentestokkie)

Neem Tuis-etes

Ons het tuismaaltye aanlyn beskikbaar vir ouers om na skool te bestel en op te tel, sien asseblief die weeklikse spyskaart en plaas u bestellings elke Vrydag vir die volgende week. http://www.puregood.co.za/product-category/takehomedinners/

Groete

Shannon

AKADEMIE

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit. Die skoolbus sal om 13:15 vertrek. Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word. Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

EKSAMENROOSTER

Op Vrydag 20 April, vier ons Wêreld Boekedag.

Trek aan soos jou gunsteling boekkarakter en bring ‘n boek saam om te skenk aan Parkfields Primary in Hanover Park.

Alle skenkingboeke by die biblioteek teen 23 April.

Daar is vroeër die week pamflette uitgedeel i.v.m. hierdie klasse wat aangebied word in ons skool se rekenaarsentrum.

Die tyd het verskuif na DONDERDAGMIDDAG direk na skool, sodat leerders wat aan sport deelneem ,ook die keuse het om ROBOTIC-klasse by te woon. Gaan gerus na hulle webtuiste om in te skryf en meer inligting te kry:www.edro.co.za/jvr

---

KULTUUR

Seniorkoor: Belangrike oefening

Die Seniorkoor oefen op Saterdag 21 April van 9:00 – 13:00. Alle koorlede moet asb teenwoordig wees. Ons het n optrede vir Kyknet Sing in harmonie wat al vroeg in Junie is en ons moet baie nuwe liedere aanleer.

Eisteddfod Sang:

Die Eisteddfod Solosang vind van 15 – 18 Mei plaas . Leerders wat ingeskryf is, sal detail en reëlings ontvang.

SPORT

Stef Mostert het gedurende die afgelope vakansie deelneem aan die SA Level 3 Regional Age Group swemkampioenskappe by die Universiteit van Wes-Kaap.

Hy het goue medaljes verwerf vir 50m rugslag, 50m vlinderslag, 200m individuele medley en bronsmedaljes vir 100m vryslag en 100m vlinderslag. Dit is uitstekende prestasies.

Wel gedaan Stef!

Tydens die afgelope vakansie, het ‘n paar van ons Jannies aan Nippers se SA Champs in Port Elizabeth deelgeneem.

Dit het gestrek oor 3 dae van 2-4 April by King’s Beach in Port Elizabeth. Die kompetisie was baie straf aangesien 26 klubs van regoor die land saam deelgeneem het. Hulle fiksheid is behoorlik beproef deur 3 volle dae se kompetisie.

Ruben Brink, Andries Becker en Dawid Adler behaal elk ‘n 5de plek in die semi-finale van die Beach Sprints.

Scarlet Van der Merwe behaal ‘n 4de plek in die Long run vir dogters O/10.

Jana Brink kry ‘n brons medalje vir die Beach Flags vir dogters O/10.

Alexander Benecke kry ‘n goue medalje in die Taplin relay vir seunsO/10.

Baie geluk julle !…ons is baie trots op al ons Nippers !

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

If you look at what you have in life, you’ll always have more.

If you look at what you don’t have in life, you’ll never have enough.

– Oprah Winfrey

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209