Soos gekommunikeer aan die begin van die jaar, stel ons hierdie jaar ‘n aangepaste huiswerkbeleid op die proef.
Na afloop van die eerste kwartaal het ons besluit om die huiswerkbeleid as volg aan te pas by gr. 4 – 6:
Ons sal steeds ons bes doen om die hoeveelheid klaswerk te beperk sodat daar nie onnodige huiswerk gedoen hoef te word nie, maar ons is bekommerd dat ons leerders se akademiese vaslegging spesifiek in Wiskunde en Tale daaronder mag lei. Ons het ook ‘n plig teenoor die nasionale kurrikulum (KABV) om ‘n bepaalde hoeveelheid werk gedurende die jaar te voltooi. Ons onderneem om in kwartaal 2 steeds so min as moontlik huiswerk te gee, maar wanneer 80% van die leeders gedurende klastyd met die bepaalde werk klaar is, sal die ander leerders die werk vir huiswerk moet voltooi. Maak asseblief daagliks seker dat u kind sy/haar klaswerk voltooi het. Daar sal nou en dan ekstra Wiskunde en Taaloefeninge as huiswerk gegee word sodat ons voldoende vaslegging verseker.