Enige JvR gesin kan die depot gebruik. Die hoop is dat die kinders ook sal deelneem en bewus raak van herwinning en hoekom ons dit moet doen.
Dit is egter belangrik om presies te weet wat hoort waar, anders kan ons ‘n hele sak nie laat oplaai vir herwinning nie.
Daar is verskillende houers vir spesifieke items. Nie alle rommel is herwinbaar nie.
Die volgende kan by ons depot herwin word:
papier, koerante, tydskrifte, pamflette, gladde karton – gooi in die heldergroen igloes
kantoorpapier (al is dit reeds gebruik) – gooi in die wit wieldromme
dik geriffelde karton – gooi in sakke in die groot kartonhouer – plat getrap asb
blikkies – gooi in die gemerkte houer vir metaal
glas – gooi in die donkergroen igloes
plastiese botteldoppies – gooi in gemerkte wieldrom
tetrapakke – gooi in gemerkte wieldromme – plat getrap asb
plastiek groepering – vind nommer iewers op item, gewoonlik in ‘n driehoekie:
• 1 / PET deursigte bottels bv. koeldrank en waterbottels, geen vrugte/koek houers nie *
• 2 / HDPE ondeursigtige bottels bv.wit melkbottels
• 3 NIE HERWINBAAR NIE
• 4 plastiek inkopiesakkies, maar nie hondekos of waspoeier-sakke nie
• 5 plastiek bakkies bv. margarien en joghurt-bakkies
• 6 polistereen (gooi in die groot blou houer vir polistereen)
• 7 NIE HERWINBAAR NIE
Daar is ook twee houers vir elektroniese afval.
Let asb op die volgende:
Aan die onderkant van meeste plastiekitems sal jy ‘n driehoekie vind met ‘n nommer in. Die nommer bepaal in watter houer die item gegooi moet word. Indien daar geen nommer is nie, is die item nie herwinbaar nie.
*Plastiekhouers vir koekies, koeke, beskuitjies, muffins, vrugte ens wat dikwels ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. M.a.w in die 1 en 2 plastiekhouers hoort slegs bottels.
Slegs dik geriffelde karton hoort in die karton sakke, alle ander ‘gladde’ karton (soos ontbytpap) moet in die groen papier igloes gegooi word – platgetrap asb.
Haal doppies af van plastiek en glasbottels.Slegs plastiekdoppies mag in die doppie- wieldrom gegooi word (wyn skroefdoppies hoort by metaal en kurke kan by die wynwinkel in die Lifestyle centre herwin word).
Spoel asb items uit voordat dit na die depot gebring word.
Skryf jou kind se naam in die lêer by Matthews,die sekuriteitswag, elke keer as jy herwin. Jou kind kan dan die laaste Woensdag van die maand gratis sivvies aantrek.
Lees verder oor LIEWE AARDE