
- Slegs skoon items kan na die depot gebring word.
- Aan die onderkant van meeste plastiek items sal jy ‘n driehoekie vind met ‘n nommer in, die nommer bepaal in watter houer die item gegooi moet word. Indien daar geen nommer is nie, is die item nie herwinbaar nie.
- Plastiek houers vir koekies, koeke, beskuitjies, muffins, vrugte ens wat dikwels ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. Maw in die 1 en 2 plastiek-houers hoort slegs bottels.
- Verwyder doppies van plastiek en wynbottels.
- Slegs plastiek doppies mag in die doppie wieldrom gegooi word (wyn skroefdoppies hoort by metaal en kurke word nie herwin nie)
- Mathews Kamanga, wat wag hou by die die hek, sorg vir die instandhouding van die Liewe Aarde depot en kan help as daar vrae is.
- Vir verdere vrae of meer inligting: Isabel Lynch ipot@mweb.co.za

Kantoorpapier (ons herwin tans geen papier nie)
Enige kantoorpapier (al is dit reeds gebruik) – gooi in die wit wieldromme.


Gladde Karton (ons herwin tans geen papier nie)
Gooi in heldergroen igloes – plat getrap asseblief.

Ander Papier (ons herwin tans geen papier nie)
Papier, koerante, tydskrifte, pamflette – gooi in die heldergroen igloes

Dik Geriffelde Karton (ons herwin tans geen papier nie)
Gooi in die groot sakke in die lang houer vir karton – plat getrap asseblief.

Glas
Gooi in die donkergroen igloes.

Tetrapakke
Gooi in gemerkte wieldromme – plat getrap asseblief.

Plastiek Botteldoppies
Gooi in gemerkte wieldrom.

Metaal
Blikkies, metaal proppe, foeliebakkies.
Gooi in die gemerkte houer vir metaal.
Plastiek groepering
Vind nommer iewers op item, gewoonlik in ‘n driehoekie onderaand die bottel/houer:

1 PET
Polyethylene terephthalate
Deursigte bottels bv. koeldrank en waterbottels, geen vrugte/koek houers nie

2 HDPE of PEHD
High-density polyethylene
Ondeursigtige bottels bv.wit melkbottels

3 PVC
Polyvinyl chloride
WORD NIE BY DIE SKOOL HERWIN NIE.

4 LDPE of PE-LD
Low-density polyethylene
Plastiek inkopie sakkies, maar nie aartappelskyfiepakkies, hondekos-, of waspoeierpakke nie.

5 PP
Polypropylene
Plastiek bakkies bv. margarien en joghurt-bakkies

6 PS
Polystyrene
Gooi in die groot blou houer vir polistireen.

7 ANDER PLASTIEK
Alle ander plastiek.
WORD NIE BY DIE SKOOL HERWIN NIE.