Studiekursus: Kwartaal 2, 2026
Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)
Lees VerderSien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)
Lees VerderIn die land van KI is jou brein koning en dit is hoe dit hoort.
Laerskool Jan van Riebeeck se KI-beleid word tans geïmplementeer. Die doel van die beleid is om te verseker dat KI-hulpmiddels op ‘n verantwoordelike, etiese en veilige manier gebruik word om onderrig te ondersteun, maar ook om te voorkom dat leerders se kognitiewe funksies, leerprosesse en ontwikkeling bloot na KI gedelegeer word en sodoende ondermyn word.
Met hierdie konteks in gedagte, het ons in ‘n kort video opname vir ‘n paar Jannies, onvoorbereid, gevra waarom hulle skool toe kom, en vir ‘n paar ouers, waarom hulle hul kinders skool toe stuur.
Kom luister wat die Jannies sê, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.
Lees VerderKunsmatige Intelligensie (KI) is besig om ’n alledaagse hulpmiddel in ons lewens te word en baie ouers moedig hul kinders aan om KI te gebruik om hul huiswerk of take mee te voltooi. Met net ’n paar klikke kan kinders komplekse vrae beantwoord, opstelle skryf en selfs wiskundeprobleme oplos. Is hierdie tegnologiese vooruitgang ’n waardevolle hulpmiddel of hou dit ook ’n risiko vir werklike leer en breinontwikkeling in?
Lees VerderOp watter ouderdom kan my kind ‘n slimfoon kry?
Wat is die effek van slimfoongebruik op kinders en wat is die voor- en nadele daarvan om ‘n foon op ‘n jong ouderdom te hê?
In hierdie DInK-slim artikel verken ons die voor- en nadele daarvan om kinders met slimfone toe te rus en bied ons nuttige wenke sodat ouers ingeligte besluite oor hierdie belangrike kwessie kan neem.
In die digitale era is die internet diep verweef in ons daaglikse bestaan, insluitend die lewe van ons kinders wat in hierdie hoogs gekonnekteerde wêreld grootword.
Net soos volwassenes, laat kinders ook ‘n digitale voetspoor soos hulle sosiale media, aanlyn speletjies, opvoedkundige platforms en verskeie ander toepassings gebruik.
Hul digitale voetspoor is ‘n rekord van al hul aanlyn aktiwiteite en dit is belangrik dat beide kinders en hul ouers die implikasies hiervan verstaan.
In hierdie artikel kyk ons hoe ouers hul kinders van digitale voetspore kan leer, hulle kan help om verantwoordelike aanlyn gedrag te ontwikkel en om hul privaatheid en toekomstige geleenthede te beskerm.
Lees VerderDigitale tegnologie, inligting en die kuberruim. Is jy Slim Jan of Bang Jan, of nog erger, Dooie Jan? 1. Konteks In ‘n wêreld en samelewing wat toenemend tegnologie-geörienteerd raak, het bevoegdhede soos digitale geletterdheid, digitale vaardighede en digitale gereedheid belangrike vereistes vir die toekomsgereedheid van individue geword. By Laerskool Jan van Riebeeck volg ons ‘n 70:30 benadering tot leer en onderrig , met 70 persent fokus op tradisionele metodiek en 30 persent fokus op die gebruik van moderne tegnologie om leer en onderrig te ondersteun. Tegnologie ontwikkel teen ‘n eksponensiële tempo en die stadige pas waarteen individue vir...
Lees VerderVanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se...
Lees VerderVanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se...
Lees VerderVier van ons skaakspelers het Vrydag, 31 Augustus, aan ‘n skaaktoernooi by Klein Boishaai in die Paarl deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ons spelers en baie lekker om bietjie teen ander skole te kompeteer. Ons het teen 3 skole gespeel. Ons het het verloor teen Eversdal 4-0; wen vir Bridgehouse 4-0 en verloor teen Klein Boishaai 3-1. Ons sien uit daarna om in die toekoms weer te gaan.Groot dankie aan Kees Snijders wat hulle vergesel het! Onder van links na regs: Keegan Schoeman, Bernard Lombaard, Liezel Snijders en Jan...
Lees Verder