Skrywer: WebDev

Skaaktoernooi by Klein Boishaai, Paarl

Vier van ons skaakspelers het Vrydag, 31 Augustus, aan ‘n skaaktoernooi by Klein Boishaai in die Paarl deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ons spelers en baie lekker om bietjie teen ander skole te kompeteer. Ons het teen 3 skole gespeel. Ons het het verloor teen Eversdal 4-0; wen vir Bridgehouse 4-0 en verloor teen Klein Boishaai 3-1. Ons sien uit daarna om in die toekoms weer te gaan.Groot dankie aan Kees Snijders wat hulle vergesel het! Onder van links na regs: Keegan Schoeman, Bernard Lombaard, Liezel Snijders en Jan...

Lees Verder

Rekenaarklasse Gr.R – Gr.4

Hierdie is in verband met wat tans in die rekenaarklas gebeur vir Gr.R tot Gr.4 en wat ons beoog om in die toekoms te implementeer. Die basis waarop Gr.R tot Gr.4 tans werk is die Office pakket (Word, Excel, Power Point, Paint en Publisher). Hierdie programme word gebruik om (geïntegreerd met klaswerk) rekenaar-, muis-, en sleutelbordvaardighede aan te leer, in te oefen en prakties toe te pas. Hiermee saam word navorsingsprogramme soos Encarta, KidsCD en Google gebruik. Ons maak ook van Computers4kids gebruik wat alreeds geïntegreerde lesse uitgewerk het en wat dan toegepas kan word. ‘n Voorbeeld van ‘n geïntegreerde les: Gr.4 behandel die vorms van water in die klas en in die rekenaarklas maak hulle gebruik van Power Point om ‘n skyfievertoning oor die vorms van water te doen. Hulle gebruik Google vir navorsing en grafika. Hierdie skyfies word in hul gewone klas aan medeklasmaats vertoon. Daar word ook tikvaardighede ingewerk, maar daar is te min tyd om behoorlik hieraan aandag te gee. Dit is aan te bevele dat leerders tuis sal oefen aan hulle tikvaardighede. Ons het van die begin van die tweede kwartaal af Chromebooks in die rekenaarklas gekry. Die oorgang van die Thin Clients rekenaars na die Chromebooks is reeds vir Gr.5 tot 7 gemaak. Ons gaan egter eers volgende jaar daardie oorgang vir Gr.1-4 maak. Die Chromebooks vereis van elke leerder om ‘n e-posadres...

Lees Verder

Rekenaarklasse Gr.5 – Gr.7

Aangesien ons Google gebaseer is, maak ons gebruik van Google om dokumente te skep, take te doen en inligting te soek (Google Docs, Google Classroom, Google Slides ens.). Die skool is besig om alle rekenaars waarop die leerders werk met Chromebooks te vervang. Om die Chromebook te kan gebruik, moet leerders van e-posadresse gebruik maak om in te teken. Die eerste stap was dus om vir alle leerders e-posadresse te skep. Vir veiligheidsredes het ons die leerders se eerste drie letters van hulle naam en die eerste drie letters van hulle van gebruik om e-posse met die skool se domain saam te stel. Bv. as die leerder se naam Piet van Rensburg is, sal sy e-pos wees pievan@jvrprim.co.za. Die naam wat aan die e-pos gekoppel is, is ook slegs die eerste drie letters van hulle naam en die eerste drie letters van hulle van. Ons het alles in plek gestel om dit veilig vir ons leerders te maak. Alle e-posse en aktiwiteite wat die leerders op die Chromebooks doen word gemonitor. Ons fokus op internetveiligheid sodat leerders bewus is van die gevare. Ons sal ondersteuning van jou as ouer waardeer in hierdie opsig. Ons leer leerders ook tikvaardighede aan. Daar is gratis programme op die internet beskikbaar (bv. http://www.typingstudy.com/) wat hulle help om dit te bemeester. Indien moontlik kan julle dit by die huis ook oefen, want ons het...

Lees Verder

Sinchroniseer met die skool se kalender

Is jy op hoogte van wat wanneer by die skool gebeur? Besoek die Kalenderbladsy by https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/kalender vir instruksies om jou Google Kalender, Apple Kalender, of Outlook Kalender met die skool se kalender te...

Lees Verder

JvR Hoërskoolnuus (prestasies van ons oud-leerders )

Daniël Wiese en Eden Hoefer van Hoërskool Jan van Riebeeck is ingesluit in die WP-Tweekampspan wat op 31 Maart 2018 aan die Nasionale-byeenkoms in Pretoria gaan deelneem. Skye du Pontes is as reserwe gekies. Laerskool Jan van Riebeeck is goed verteenwoordig by die hoërskool se Opedag wat op 6 Maart gehou is! Onthou, registrasie vir 2019 sluit reeds op 23...

Lees Verder

Belangrik: Kommunikasie

Die afgelope week het die skool begin om al die ouers se kontakbesonderhede en kommunikasievoorkeure te verifiëer. ALLE ouers moet asseblief seker maak hulle volg die instruksies in die e-pos wat vroeër die week in verband hiermee uitgestuur is. Almal se inligting moet asseblief teen Vrydag 26 Januarie geverifiëer wees. Baie dankie aan almal wat reeds flink gereageer het. Kortliks weer die proses: Alle ouers met ‘n geldige e-pos adres is reeds op die webportaal geregistreer en u moet daar aanteken om u besonderhede na te gaan en veranderings aan te bring. Die e-pos wat u ontvang het bevat die nodige inligting om mee aan te teken. Maak asseblief ook op die webportaal seker dat u kommunikasievoorkeure t.o.v. die nuusbrief, SMSe, OOV kommunikasie korrek aangedui is. Klik hier om aan te teken na die Webportaal...

Lees Verder