Die tafels vir die Bring & Raai Quiz aand is nou voltallig. Dankie vir almal wat so vinnig ‘n tafel bespreek het. Verdere inligting rondom die aand sal per e-pos aan die gasvrouens gekommunikeer word.

Betalings kan deur die spanleier op die Karri App gemaak word. Die datum is 19 Julie 2019 om 19:00 in die skoolsaal.

Lekker vakansie hou en verbreed julle kennis rondom:

· Sport& Ontspanning,
· Kuns & Vermaak,
· Geskiedenis,
· Natuurwetenskap,
· Lande en Plekke en wat ook al ons nuwe quiz master gaan uitdink om almal vas te vra.