Ons sien baie uit na Markdag wat volgende Donderdag, 26 Maart plaasvind!

Leerders in Graad 1 tot 3 kry die geleentheid om hul eie produkte te verkoop en sommer ook ’n bietjie entrepreneursgees te ontwikkel.

Belangrike inligting:

  • 💰 Kostes: R20 per tafel

  • 🔢 Slegs 44 tafels beskikbaar

  • 📲 Besprekings: Karri is oop vanaf 20 Maart tot 25 Maart

  • ⏰ Opstel van tafels: Vanaf 09:30

  • 🛒 Verkope begin: 10:00

Moet dit nie misloop nie – dit beloof om ’n heerlike en lewendige oggend te wees!