Weens die uitbreiding van ons sportprogram neem van ons leerders aan ‘n netbal- en rugbytoernooi deel te Porterville se Bulfees wat op Vrydag, 6 Maart 2026, plaasvind. Ongelukkig noodsaak hierdie program dat ons reeds om 08:00/08:30 vanaf die skool sal vertrek aangesien die eerste wedstryde reeds om 11:00 begin. Ons is dankbaar dat ons na hierdie gemaklike, lekker sportfees genooi is.
Die spelers wat aan hierdie toernooi sal deelneem se name sal op Maandag, 2 Maart, aan ouers op die onderskeie WA-sportgroepe beskikbaar gestel word. Wees asb bewus dat hierdie span (name) nie beteken dat dit die vaste span vir die jaar sal wees nie. Spanindelings mag nog gedurende die jaar verander.
Daar sal geen klasruiling op hierdie dag plaasvind nie, maar wel voldoende toesig. Skool sal om 12:00 verdaag en nasorg sal vanaf 12:00 beskikbaar wees vir ouers wat eers om 14:00 hul kinders kan kom haal. Gewone nasorg sal tot 17:15 plaasvind.
By voorbaat dankie vir die samewerking.