Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 – 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is.
Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig.
Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig:
  • Pieter-Steph Bothma 
  • Izak Steyn 
  • Lua Groenewald 
  • Pieter Derksen 
  • Henry Jordaan 
  • Christina du Toit 
  • Amalie Janse van Rensburg 
  • Mia Bothma 
  • Stef Nel 
  • Antjie Samuel 
  • Nina Bremer 
  • Chris Derksen 
  • Ella van der Walt  
  • Alida Loubser 
  • Pieter Rademeyer 
  • Bella Naylor 
Ons is baie trots op julle!