Ouers wat graag hul kind se prestasies en foto’s in die nuusbrief wil laat plaas, word vriendelik herinner dat hierdie inligting vrywillig deur ouers gestuur word. Neem asseblief kennis dat die nuusbrief elektronies versprei word en ook aanlyn beskikbaar is, wat beteken dat leerders se name en foto’s moontlik op die internet en in soekenjins kan verskyn. ’n Bevestigings e-pos sal gestuur word om toestemming vir publikasie te verkry.
Alle inligting en foto’s moet nie later nie as Woensdag om 14:00 gestuur word om in die huidige week se nuusbrief geplaas te word. Laat bydraes sal outomaties eers in die volgende week se nuusbrief verskyn.