Ons sien uit om saam as ouers, voogde en onderwysers volgende week Donderdagaand, 22 Januarie, te kuier.
Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Food truck” weer na afloop van die inligtingsessie in die saal (rondom 20:00) regstaan met voorafbestelde etes wat op Karri beskikbaar is. Daar sal ook ’n tafel wees om jou dors te les. (Slegs SnapScan en Yoco)
Alle kosbestellings moet teen Dinsdag om 13:00 op Karri geplaas word. Geen kos sal sonder voorafbestelling verkoop word nie. Karri-bestellings maak vandag oop.
Die ete-opsies:
-
Falafel vegetarieseburger met skyfies – R130
-
Karringmelkhoenderburger met skyfies – R155
-
Kaasbeefburger met skyfies – R165
-
Salm “Poke Bowl” – R175
Die koskaartjies sal by die registeronderwyser in die kind se klas wees deur wie die kosbestelling geplaas is. Dit kan op die aand tydens die klasvergaderings afgehaal word.
