Die optrede van Stef Bos op 16 November
​2017​ in die skoolsaal was ‘n reuse-sukses. Almal wat dit bygewoon het, het Stef se aangrypende en vermaaklike konsert vreeslik geniet. Ons het dié aand sowat R40,000.00 ingesamel vir die diversiteitsbeursfonds! Baie dankie aan almal wat ‘n kaartjie en ‘n drankie gekoop het, en natuurlik aan Stef wat onbaatsugtig die totale opbrengs van die konsert aan die beursfonds geskenk het.
Die fonds staan nou op R120,000.00 en die koste van die beursprogram is R40,000.00 per leerder per jaar. Ons benodig ‘n verdere R40,000.00 om die beurs-verwante uitgawes in 2018 te dek en moet ook die fonds opbou ten einde die leerders in toekomstige jare te ondersteun.
Verskeie ouers het aangedui dat hulle graag ‘n skenking aan die beursfonds wil maak. Maak gerus so, deur een van die volgende kanale te gebruik:
1) ‘n eenmalige skenking aan die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust, Investec, Rek no. 10011436695. Gebruik “Beursfonds / naam en van” as verwysing.
2) ‘n verbintenis tot ‘n maandelikse bydrae