Ons dansskool bied verskeie genres van dans aan!
Hierdie naweek is dit Ballet se beurt, en ons jaarlikse American Academy of Ballet “Performance Awards” vind op Sondag, 9 November 2025, om 10vm by LS JvR plaas.
Ons beoordelaars is Iain McDonald van Joburg Ballet in Johannesburg en Laurence Kaplan, Direkteur van AAB in New York.
Ons oulike dansers is reeds baie opgewonde! Dis ’n wonderlike geleentheid om aan ’n internasionale program deel te neem met pragtige, voorgeskrewe werke. Alhoewel al ons dansers AAB-opleiding ontvang, is deelname nie verpligtend nie. Ons is trots op die dansers wat gaan deelneem en ons dansskool verteenwoordig.
Break a leg!
Deelnemers:
-
Gr 1: Heike Louw en Ada Uys
-
Gr 2: Mila Maree, Emily Theron, Isabella Robinson, Cornelia Opperman en Emma Wilke
-
Gr 4: Mika van der Walt en Christa-Bella Swart
-
Gr 5: Heidi van Heerden en Natalie Lawson
-
Gr 6: Solange Stevens
-
Gr 7: Ella Grey en Gabi Buckenham
-
Gr 9: Kerala Allewell en Karlien van der Walt
-
Gr 10: Lara Basson
Kom ondersteun ons gerus! Almal is welkom, en jong en oud sal dit geniet: pragtige musiek, stylvolle choreografie en talentvolle dansers.
Groete,
Juf Barbie
Juf Barbie