Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê.

Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber.

Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara Kemp.