Ons het Vrydag, 24 Oktober, vir die eerste keer deelgeneem aan die De Hoop-atletiekbyeenkoms. Dit was ’n koel middag, maar ons atlete het regtig baie mooi presteer.
Soos ons oor die laaste paar jaar gesien het, staan ons nie terug vir die groot skole nie.
Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het:
Jack Dawes, 1ste 80m hekkies
Bella Malan, 2de 80m
Louis Hofmeyr, 2de 80m
Dylan Daniels, 2de verspring
Maia du Toit, 3de 70m hekkies
Rafa Lamprecht, 3de hoogspring
Lizzy Snyders, 3de verspring
Leah Jacobsz, 3de 600m
Vir die laaste item van die aand het Phumi Salamani, Dane Botha, Stef Nel en Louis Hofmeyr ’n 3de plek in die wisselaflos verower. ’n Briljante manier om die aand af te sluit.
Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en net hulle beste gegee het. Ons is baie trots op hulle.
Baie dankie aan almal wat kom ondersteun het; dit beteken soveel vir ons kinders.
Laastens wil ons vir mnre. Leon, André, Keenen en Dian bedank vir die mooi manier waarop hulle met ons atlete gewerk het.
