16 November – DAGBOEK DIE DATUM EN BESPREEK
‘n Baie besonderse konsert in die Welgemeend-herehuis (op die JvR Hoërskool-terrein), Tuine, Kaapstad, word op Sondag, 16 November, aangebied – om 12:30 en 15:30.
Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend:
· Violis, Zanta Hofmeyr
· Fluitis, Melané Hofmeyr-Burger
· Sanger-liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr
· Komponis, Hendrik Hofmeyr – wat komposisies spesiaal vir die konsert skryf.
Kaartjies teen R250 (R200 vir pensionarisse en studente), wat ook verversings insluit, kan by Quicket bespreek word: