Ons o.13-skaakspan het Dinsdag die Interskole afgeskop en meegeding teen Laerskool Dirkie Uys. Die A-span het 5–1 gewen, en die B-span het ook weggestap met ’n wen van 3,5 teen 2,5. Hulle het die Tiere gewys wie baas is, en ons is ongelooflik trots op hierdie span wat aanhou hard werk en presteer.