Die Departement van Basiese Onderwys het op 1 Junie 2025 fase V van die BEEI (voorheen PYEI) projek uitgerol. Ons skool het 3 assistente aangestel – een in die sportkantoor, een in die adminblok en een assistent wat met skoonmaak help. Ons wil hulle graag aan almal voorstel:
Mohamad Toureeq Daniels – Mohamad het laas jaar by die Duitse Skool gematrikuleer en oorweeg dit om verder in die onderwys te studeer. Hy is ’n atleet wat WP-kleure in twee sporte het, naamliks handjietennis en spiesgooi. Mohamad gaan in die sportkantoor uithelp.
Unathi April – Unathi is ’n CPUT-student wat tans ’n diploma in bestuur studeer. Sy is in haar finale jaar en gaan hierdie geleentheid as ’n internskap gebruik sodat sy die praktiese gedeelte van haar studies kan voltooi. Unathi gaan in die adminblok werksaam wees.
Musfeeqah Ely – Musfeeqah is ’n ma van drie en het al by verskeie plekke as ’n algemene werker gewerk. Sy is opgewonde om weer te werk en help ons skoonmaakspan om die gebou mooi skoon te hou.
Baie welkom aan al 3 by ons skool! Hulle is tot einde November by Laerskool Jan van Riebeeck en ons glo dat hulle waarde gaan toevoeg en baie gelukkig by ons gaan wees.