Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak.

Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik.

Hier volg ’n paar statistieke:

  • Ongeveer 1 800 patties is ontvang.

  • Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het.

Helpende hande het ingesluit:

  • 80 ouers wat brood gesny en gesmeer het

  • 40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het

  • 25 braaiers

Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk.

Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet.

Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak!

OOV-groete,

Susan

burger