Kom beleef die Waterbuffel – Burgerfees – ‘n dag van lekker kos, musiek, samesyn en pret!

Sluit by ons aan vir ‘n wonderlike middag vol smullekker burgers, musiek en ‘n fantastiese atmosfeer! Kom probeer die nuwe gesondheids-rooivleis van Babylonstoren in ‘n smaaklike burger. Die Waterbuffel – Burgerfees beloof die lekkerste burgers, wyn en ‘n paar verrassings vir die hele gesin. Jy kan ‘n wegneemete bestel of saamkom kuier op die mini-sportveld agter die skool vanaf 16:00. Danksy die ruim skenking van Babylonstoren kos die burgers slegs R50 elk!

Gevriesde patties ook te koop:
Indien jy die aand bywoon gaan jy eerste kans kry om gevriesde patties te koop.

🗓 Datum: 14 Maart 2025

Tyd:

    • Wegneemetes: 11:45 – 12:30 (kom haal jou burger by die skool)
    • Aandete: 16:00 – 20:00

📍 Ligging: Mini-sportveld by Laerskool Jan van Riebeeck

Wat kan jy verwag?

  • Heerlike burgers met gesondheids-rooivleis van Babylonstoren

  • Gelukkige trekking: Vir elke burger wat jy koop, kry jy ‘n kans om ‘n prys te wen!

  • SnapScan-kroeg vir maklike betalings

  • Snoepie wat oop sal wees vir die kinders

  • Fantastiese samesyn saam met die skoolgemeenskap

Ons soek nog hulp met voorbereiding en by die fees. Vul asb. jou naam in by ‘n tydsgleuf op die diensbeurtlys indien jy bereid is om te help :
VUL HIER IN

Vriendelike Burgerfees-groete,
Susan Derksen
OOV Voorsitter