Donderdagaand, 23 Januarie, is ons Bekendstellingsfunksie by die laerskool. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan kroeg beskikbaar wees.

Kies asseblief uit die volgende ete opsies. Bestellings moet teen Maandagmiddag, 20 Januarie op Karri geplaas word. 

  1. Karringmelk gebraaide hoenderburger en tjips – R150
  2. 180g Beesvleisburger met roket, tamatie, cheddar en tjips – R165
  3. Salmon “poke bowl” met avokado, julienne groente, gepekelde gemmer en Japanese mayonnaise – R175
  4. Groente burger en tjips – R105