Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is eerskomende Donderdag, 23 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling-oggend van die week. Alle gr.1-7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte van die aktiwiteite wil bly.